Page 195 - Getroud met 'n Leuen
P. 195
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
of ‘n lae selfbeeld, wat die slagoffer ook afhanklik kan maak van die toksiet vir emosionele
ondersteuning en validering. Narsiste gebruik leuens en valse inligting om hulle slagoffers se
geloof in hulle eie oordeel te erodeer en uiteindelik ook hulle gesonde verstand of oordeel te
betwyfel. Die gebruik van ontkenning, misleiding, teenstrydigheid en verkeerde inligting, is
algemeen in gaslig-gee pogings om die slagoffer te destabiliseer en die slagoffer se oortuigings
te delegitimiseer. Gevalle kan wissel van die ontkenning deur 'n misbruiker/molesteerder dat
vorige gewelddadige voorvalle plaasgevind het, tot die verkleinering van die slagoffer se
emosies en gevoelens, tot die opmaak van bisarre gebeure deur die misbruiker/molesteerder
met die doel om die slagoffer te disoriënteer.
‘n Goue kind binne ‘n toksiese huishouding is wanneer 'n kind uitgesonder word as ‘n
gunsteling, en dié kry dan spesiale voorregte soos meer aandag, hoër status, vrystelling van
dissipline, en vrystelling van sekere take en verantwoordelikhede. Sulke gunstelinge is tipies
ten koste van 'n swartskaap of sondebokkind of kinders binne ‘n toksiese huishouding.
Grysrots is 'n grens-vasstelling binne ‘n toksiese verhouding en/of konflik-vermyding
strategie wat effektief kan wees in die hantering van narsiste. Dit beteken eenvoudig om
jouself vaag en passief te maak, soos 'n kleurlose onopvallende rots. In grysrotsmodus raak jy
minimaal met die toksiet betrokke en ook nie met sy sirkus van instaatstellers/vlieënde ape
nie. Jy wys of deel nie jou gedagtes of gevoelens nie. Jy reageer nie op antagonisme en
manipulasie nie. Kortliks, jy maak jouself skaars met min woorde en waarde vir die narsis.
Hoover & Hoovering is 'n metafoor geneem uit die gewilde handelsmerk van stofsuiers, om
te beskryf hoe ‘n slagoffer van misbruik, wat probeer om hulle eie regte terug te kry deur die
misbruiker/molesteerder te verlaat of deur die beperking van kontak in 'n disfunksionele
verhouding, "teruggesuig word” in die verhouding as die misbruiker/molesteerder tydelik
verbeterde of aanvaarbare gedrag vertoon. Baie slagoffers het die verskynsel wat ons noem
Hoovering ervaar, en net soos stof vasgevang word in die stofsuier, word baie slagoffers
teruggesuig na hulle vorige status quo wanneer hulle probeer om uit 'n gewelddadige situasie
te ontsnap.
Die misbruiker/molesteerder kan dan hulle slagoffer oorweldig met geskenke, komplimente,
beloftes, demonstrasies van liefde en liefdesdade om die slagoffer se vertroue of geloof terug
te wen, en dus die status quo so te handhaaf. Hoovering is een van die belangrikste
komponente van 'n gewelddadige siklus.
Hiper-waaksaam: Om 'n chaotiese en dikwels sielkundig en fisies vyandige omgewing te
hanteer, pas mense naby aan narsiste aan deur hiper-waaksaam vir bedreiging of gevaar te
wees. Hulle is altyd waaksaam, altyd te wagte dat daar die potensiaal is vir ‘n uitbarsting of
om in die spervuur te kom, verkleineer te word of te nagekom te word. Hiper-waaksaamheid
is emosioneel en fisiologies gevaarlik omdat dit die liggaam se natuurlike verdedigingstelsel
dreineer en omdat dit voortdurend die liggaam se funksies oorlaai. Hiper-waaksaamheid lei
dikwels tot Komplekse Post Traumatiese Stresversteuring (KPTSV) en siekte. Narsiste self is
hiper waaksaam vir enigiets wat hulle ‘n toksiese besering kan gee, dit is nou enige iets wat
hulle masker kan kraak.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 195