Page 198 - Getroud met 'n Leuen
P. 198
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
onverantwoordelik is, selfs al is die kind gewoonlik pligsgetrou. Die toksiese ma is
onvermoënd om persepsie in berekening te bring.
Baie narsiste het glad nie sielkundige voorwerp behouding (object constancy) nie. Met ander
woorde, baie van hulle voel nie dat ander mense goedaardig, betroubaar, behulpsaam,
konstant en voorspelbaar is nie. Om te vergoed vir hierdie gebrek aan vermoë (of
bereidwilligheid) om verwant te wees aan werklike, lewendige mense, sal die toksiet
surrogaat of plaasvervanger-voorwerpe skep.
Vandaar sy ontsteltenis wanneer hy gekonfronteer word met regte mense, hulle behoeftes,
gevoelens, voorkeure, en keuses. So, die tipiese toksiet weerhou homself van enige
betekenisvolle diskoers met sy eggenoot en kinders, vriende en kollegas. In plaas daarvan,
weef hy 'n narratief waarin hierdie mense – verteenwoordig deur fiktiewe beelde – hom
bewonder, hom fassinerend vind, hartstogtelik begeer om hom tevrede te stel , hom liefhet
of hom vrees. Hierdie fiktiewe beelde het min of niks te doen met die manier waarop sy
familie en vriende regtig oor hom voel nie. "My vrou was nog altyd so koöperatief – wat het
nou die afgelope tyd met haar gebeur?" (Sy was nooit koöperatief nie – sy was onderdanig of
bevrees tot die punt van ingee. Maar die toksiet het nie opgemerk nie, want hy het haar eintlik
"nooit gesien" nie.)
Delegasie van ouerskaprolle is 'n rol omkering waardeur 'n ouer onvanpas op 'n kind
staatmaak, gewoonlik die oudste of mees bekwame, om ouerrolle en verantwoordelikhede
in die gesin aan te neem. Narsiste parentifiseer dikwels 'n kind om aan hulle emosionele,
fisiese en/of seksuele behoeftes te voldoen. Ouerskap verantwoordelikhede is 'n uiterste
skending van kinders se grense, wat hulle met volwasse verantwoordelikhede belas. Daar kan
van 'n ouerskapkind verwag word om die rol van vertroueling, terapeut of surrogaat gade te
speel, asook volwasse pligte uit te voer, soos om vir jonger broers en susters te sorg, te kook,
skoon te maak, finansies te bestuur of geld vir die gesin te verdien.
Eenvoudig gestel, projeksie verskuif 'n mens se eie gevoelens, aksies, of eienskappe direk na
iemand anders toe. Projeksie is 'n kompulsiewe aspek van narsisme. Sielkundige projeksie is
'n verdedigingsmeganisme waarin die ego(eie ek) homself verdedig teen onbewustelike
impulse of eienskappe (beide positief en negatief) deur hulle bestaan te ontken deur hulle
aan iemand anders toe te skryf. Byvoorbeeld, 'n boelie kan hulle eie gevoelens van
kwesbaarheid op die teiken projekteer, of 'n persoon wat verward is, sal hulle eie gevoelens
van verwarring en ontoereikendheid op ander mense projekteer.
Sondebokke is 'n kind (of kinders) wat onregverdig uitgesonder word vir ongunstige
behandeling in die toksiese familie. Sondebokke word tipies geblameer vir gesinsprobleme,
gedissiplineer of disproporsioneel gestraf, word belas met oormatige take en
verantwoordelikhede, en word onderwerp aan onverdiende negatiewe behandeling.
Narsiste raak betrokke in smeer-/ swadder veldtogte om ander te diskrediteer in hulle familie
of sosiale sfeer. Narsiste kan 'n ander persoon diskrediteer omdat daardie persoon deur hulle
masker sien of dalk probeer hulle om voorlopig hulle eie misbruik van daardie persoon te
verberg, of hulle neem wraak omdat die persoon hulle aanstoot gegee het of hulle verwerp
het. Narsiste kan om mindere redes 'n smeerveldtog voer, soos jaloesie of wraak. Narsiste
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 198