Page 194 - Getroud met 'n Leuen
P. 194

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


                In  psigiatrie  en  sielkunde  is  devaluasie  'n  verdedigingsmeganisme  wat  net  die
               teenoorgestelde  van  idealisering  is.  Devaluasie  word  gebruik  wanneer  'n  persoon  aan
               hulleself,  'n  voorwerp,  of  'n  ander  persoon  toeskryf  dat  hulle  heeltemal  gebrekkig  en
               waardeloos  is,  of  oordrewe  negatiewe  eienskappe  het.  Verdeel  en  oorwin  is  'n  primêre
               strategie wat narsiste gebruik om 'n stempel van beheer af te druk, veral binne hulle familie,
               om verdeeldheid onder individue te skep. Dit verswak en isoleer familielede, wat dit vir die
               toksiet makliker maak om te manipuleer en te oorheers. Die toksiet stel 'n omgewing van
               mededinging en terreur op waarin die individue probeer om aanval te vermy, dikwels ten
               koste van mekaar. Die toksiet bevoordeel sommige en maak sondebokke van die ander, teel
               wantroue en haat onder broers en susters of tussen die ander ouer en kinders. So ‘n dinamika
               kan  ook  in  'n  werksplek  afspeel,  waar  'n  bestuurder  dieselfde  soort  taktiek  gebruik  om
               werknemers te beheer en te manipuleer.

               Gewoonlik is dit die vennoot/eggenoot (instaatsteller)van die narsis, wat die toksiet instaat
               stel en selfs voortstu in sy grootse persona, uiterste gevoel van geregtigheid, en verhewe
               houding en gedrag teenoor ander. Hulle doen dit deur die emosionele verkragting en misbruik
               van die toksiet te verdra of te verskoon. Instaatstellers vermy dikwels konflik en aanval, terwyl
               hulle terselfdertyd ook belonings soos liefde, lof, goedkeuring, geskenke of geld soek vanaf
               die narsis. Instaatstellers kan onder die indruk wees dat hulle die enigstes is wat werklik die
               toksiet verstaan en hulle kan dan ook dikwels hulle kinders se liefde opoffer of hulle die
               sondebokke maak om die toksiet sy sin te gee of tevrede te stel of om aan sy eise te kan
               voldoen.

               Omdat narsiste aanspreeklikheid weier en glo hulle is altyd reg, sal hulle selde of ooit werklik
               om verskoning vra. In plaas daarvan, kan hulle 'n valse verskoning, of vae apologie, uit deel
               wat bedoel is om te terug te reflekteer, skuld oor te dra, of te antagoniseer. Voorbeelde: "Ek
               is jammer jy dink ek is so 'n teleurstelling as 'n ma," "Ek is jammer dat jy iets so onskuldigs as
               onregverdig geïnterpreteer het," "Ek is jammer jy is so sensitief," "Ek is jammer dat jy nie kan
               verstaan hoe ander voel nie," of "Ek is jammer jy is so kwaad."

               Vlieënde ape is 'n term wat gebruik word in populêre sielkunde , hoofsaaklik in die konteks
               van  toksiese mishandeling, om mense wat optree namens 'n toksiet teenoor 'n derde party
               te beskryf, gewoonlik vir 'n skadelike of beledigende doel (bv. 'n smeerveldtog). Die frase is
               ook gebruik om te verwys na mense wat namens 'n psigopaat optree– vir 'n soortgelyke doel.
               Die  vlieënde  ape  kan  dit  laat  lyk  asof  die  toksiet  nie  regtig  betrokke  is  nie,  en  hulle  het
               waarskynlik geen idee dat hulle gebruik word nie. Veelvuldige vlieënde ape tree op teen die
               slagoffer as 'n bende wat kragtig saam werk om die slagoffer skade te berokken. Soos die
               vlieënde ape wat die Bose Heks van die Weste in die “The Wizard of Oz” gedien het , is
               vlieënde ape in die  toksiese familie instaatstellers wat help om die toksiet se vuil werk te
               doen, dikwels om te verhoed dat hulle hulleself direk geteiken word en / of om voordeel te
               trek uit 'n sekere vlak van self toege-eiende verhewenheid. Die mees gemanipuleerdes maak
               die beste vlieënde ape. Hulle mag kinders of ander familie wees.

               Gaslig-gee is 'n vorm van sielkundige manipulasie waarin 'n persoon of 'n groep, saad van
               twyfel in 'n geteikende individu of groep saai, wat hulle dan hulle eie geheue, persepsie of
               oordeel laat bevraagteken. Dit kan veranderinge in hulle ontlok soos kognitiewe dissonansie



               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    194
   189   190   191   192   193   194   195   196   197   198   199