Page 190 - Getroud met 'n Leuen
P. 190
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
'n Verkorte Woordelys Van Terme Om Die Malligheid Te Verstaan.
Pitkos is verwerkte Psalms. Ek het al die Psalms oor tyd verwerk om op vandag van toepassing
te wees en om al die vreugde en pyn vas te vang.
Terminologie met betrekking tot narsisme en narsistiese persoonlikheidsversteuring (NPV) is
ontwikkel deur sielkundiges en terapeute oor dekades van navorsing asook deur oorlewendes
van toksiese mishandeling op soek na 'n woordeskat om te verstaan en te praat oor hulle
ervaring. Die lys wat hier gegee word, is nie bedoel om naastenby ‘n volledig lys te wees nie,
maar eerder 'n oorsig van sommige van die nodigste terme om die patologie van narsisme en
die impak daarvan op verhoudings en gesinne te kan verstaan, soos weergegee word in
hierdie verhaal. Die meeste kom uit Wikipedia.
Toksiese persoonlikheidsversteuring(NPV) is 'n persoonlikheidsversteuring wat gekenmerk
word deur 'n langtermyn patroon van oordrewe gevoelens van selfbelang, 'n oormatige drang
na bewondering, en hulle sukkel eenvoudig om empatie of ware omgee te hê. Mense met
NPV spandeer dikwels baie tyd deur te droom van om mag en sukses te bereik, en die
vermeende onreg om dit dan nie te bereik nie. Dit is 'n patroon van obsessiewe gedagtes en
‘n onstabiele gevoel van identiteit. Dikwels word dit gedoen om met ‘n substandaard lewe te
kan leef, of wat hulle dink substandaard is. Mense met die diagnose het die afgelope paar jaar
hulle uitgespreek teen die stigma in die media, en ook die moontlike skakels na gewelddadige
situasies en kinderjare trauma. Sulke toksiese gedrag begin gewoonlik in vroeë
volwassenheid, en kom oor 'n wye verskeidenheid situasies voor.
‘n Diagnose van NPV word gemaak deur 'n sielkundige wat 'n onderhoud met die betrokke
persoon voer. Die toestand van NPV moet onderskei word van manie en
substansgebruiksversteuring. Behandelings vir narsistiese persoonlikheidsversteuring is nie
goed bestudeer nie. Terapie is moeilik, want mense met NPV beskou gewoonlik nie hulle eie
kwessies as simptome nie, ten spyte van geestelike nood. In teendeel is dit vir mense met
NPV uiters moeilik om te ervaar en te aanvaar dat daar fout is met hulle gedrag, en dit maak
die herstel haas onmoontlik.
NPV word gekenmerk deur die volgende wanbalanse: oorafhanklikheid op ander vir hulle eie
identiteit; oorafhanklikheid op ander vir die regulering van hulle selfbeeld; gebrek aan
empatie; uitbuiting van ander; grootse egoïsme; oordrewe geregtigheid; oormatige aandag
soek en soeke na oormatige bewondering. Mense met NPV word gekenmerk deur die
persoonlikheidseienskappe van aanhoudende grootsheid, 'n oormatige behoefte aan
bewondering en 'n persoonlike minagting en gebrek aan empatie vir ander mense.
Die Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesversteurings, Vyfde Uitgawe (DSGM-
5, 2013) dui aan dat 'n persoon met NPV minstens vyf van die volgende nege kriteria moet
besit, tipies sonder om die aangenome persoonlike eienskappe of prestasies waarvoor hulle
respek en status eis, te besit:
✓ Hulle het nie empatie vir ander nie. Hulle vervals empatie en praat baie oor hoe hulle
vir mense omgee, maar inherent is hulle heeltemal leeg aan empatie in hulle lewe en
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 190