Page 187 - Getroud met 'n Leuen
P. 187

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               lewensgeduld, lewenskennis, lewenservaring, die wonderlike Bybel met al sy ongelooflike
               wysheid en kennis en dit wat Johannes sê, dat die Woord is God self. Maar dit is ook om te
               leer hoe om jouself te deurgrond, wat dit beteken om te vra dat Jesus jou deurgrond en dit
               reg stel wat verkeerd is. Paulus sê ons moet God toelaat om ons gedagtes te vernuwe. In
               hierdie omgewing vat dit jare om jou gedagtes om te draai van negatief tot positief vir sy
               liefde. Die heel belangrikste is om die Here heel eerste in jou lewe te stel. hierdie is almal
               prosesse, dit is nie iets wat oornag gebeur nie. Ook gebeur dit nie sonder terugslae nie, dan
               begin dit weer van vooraf totdat jy geleer het om die stem te hoor, nee totdat jy geleer het
               om te luister.

               Immers het ek nooit kon dink dat ek 'n boek sal skryf vir slagoffers van narsiste nie. As my
               foltering drie jaar lank aangehou het, sou ek nie 'n boek geskryf het nie. As alles glad verloop
               het met my kinders, sou ek ook nie 'n boek geskryf het nie. As die Here my binne 5 jaar bevry
               het, sou ek nie vandag besef het dat as jy nie jou hoop op Hom vestig vir elke sekonde van jou
               lewe nie, dan is daar nie 'n lewe wat in die hemel sal eindig nie. Dan was die saligsprekinge in
               Matteus hol en leë woorde, en nie van die diepstes wat in die Bybel is nie. En dit bring ons
               sommer by die afgode. Besef ons regtig hoeveel afgode het ons vandag in ons lewe en besef
               ons regtig wat dink die Here van hierdie afgode en ons sogenaamde aardse kennis? Hoor wat
               sê God as Hy sê “Ek verag dit!” As die lewende God dit verag, hoe kan ons dit aanbid?

               Die apostel Johannes het sy brief afgesluit met die waarskuwing: "My kinders, bewaar julleself
               van die afgode!" Ons moet die afgode nou ook nie sommer onderskat nie. Wanneer Johannes
               daardie woorde neerskryf, het hy net voor dit geskryf: "Ons weet dat ons uit God gebore is,
               maar dat die hele wêreld in die mag van die Bose is." Ons weet dit, maar leef ons dit? Daar
               mag dan miskien nie afgode bestaan nie - die Bose bestaan wel! En sy mag hier op aarde is
               groter as wat ons meestal besef. Hy is nog steeds op 'n manier "die owerste van hierdie
               wêreld"  soos  ons  Here  Jesus  Christus  self  hom  op  'n  keer  genoem  het.  Hy  voer  hier  'n
               skrikbewind met sy leër van ontelbare onsigbare duiwelse geeste. Orals hier op aarde, ook in
               jou en my lewe, is daar onsigbare magte besig wat probeer om ons aandag so in beslag te
               neem dat daar vir die HERE g'n plek oorbly nie. Hulle probeer ons beset, sodat ons besete van
               iets  raak  en  van  die  HERE  vergeet.  En  daarvoor  gebruik  hulle  afgode.  Afgode  is  die
               infiltreerders waarmee die Bose jou en my lewe binnedring en dit in sy greep probeer kry.

               Daardie afgode is meestal maar heel gewone sigbare dinge van hierdie wêreld; dinge wat as
               sulks nie verkeerd is nie; dinge wat die HERE Self geskep het; dinge wat die mens in God se
               skepping kry en sien. Maar die bose geeste, die trawante van die duiwel, laat dit so 'n plek in
               ons lewe kry, dat dit God se plek inneem. Ja, dat dít 'n god vir ons word. Jy dink dalk dat
               moderne mense nie soos primitiewe heidene tot afgodery kan verval nie? Maar moenie 'n
               fout maak nie. Paulus en Johannes se waarskuwing: "ontvlug die afgode!" bly vir ons nog ewe
               noodsaaklik. Die Here Jesus het byvoorbeeld gewaarsku dat die geld wat daagliks deur ons
               vingers  gaan,  só  'n  afgod  vir  ons  kan  word.  Hy  het  hierdie  afgod  selfs  'n  naam  gegee:
               "Mammon", wat iets soos "Sekerheid of vastigheid" beteken. As sulks is geld maar net 'n
               betaalmiddel.  En  die  sekerheid  en  vastigheid  wat  dit  bied,  is  maar  baie  relatief.  Diefstal,
               inflasie, 'n nuwe regering wat beslag lê op al jou sorgvuldig bymekaar gemaakte geld...... dit
               waarop jy gedink het jy kan op staatmaak, kan jou sommer baie gou ontneem word.




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    187
   182   183   184   185   186   187   188   189   190   191   192