Page 184 - Getroud met 'n Leuen
P. 184
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
het u trou my bewaar, Here.
Wanneer twyfel my oorweldig, het u wyse hulp my verbly.
Kan ’n bose regeerder ‘n kind van U wees, ‘n regering wie se wette ellende bring?
Hulle ontsê u kinders ‘n regverdige bestaan, hulle vermoor die wat aan U behoort.
Maar die Here is my toevlug; my God is ’n rots waar ek kan skuil.
Maar Hy sal hulle sondes vergeld, hulle totaal vernietig oor hulle boosheid.
Die Here ons God sal hulle uit die lewe vee.
As dit nie vir die Psalms was nie, as dit nie vir die hele Bybel was nie en as dit nie was vir al die
genade van Bo nie, was die pogings om die aarde in stilte te verlaat, my dalk beskore. Helaas,
kom die antwoorde vyftig jaar later, en nou verstaan ek die aanslag, verstaan ek baie dinge
baie beter maar dit is steeds soos 'n raaisel in die spieël. Jes 51:12-14 vertel ons die storie van
ellende en smart wat sal verdwyn: “Ek is die Here, Ek bring uitkoms vir julle. Hoe is dit dan dat
jy bang is vir 'n sterflike mens, vir 'n mens wat so maklik vergaan soos gras? Jy vergeet die
Here wat jou gemaak het, wat die hemel oopgespan het, wat die aarde se fondamente gelê
het. Jy was altyddeur bang vir die woede van die verdrukker, vir hom wat daarop uit was om
jou te vernietig, maar waar is die woede van jou verdrukker nou?” Ontsettende waar woorde,
maar wanneer mens midde die stryd staan en wanneer die kennis ontbreek, dan skyn die son
nie so helder nie en lees mens die teksgedeelte 'n paar keer per dag, net vir die krag wat
daarin versteek is.
Maar die vraag rondom die kwessie van skei, is die vraag waarmee ek dink ek amper meer
geworstel het as oor die mishandeling self. Skei het ook sy eie tentakels, soos wat sê die Bybel,
en daar is kinders se lewens by betrokke en daar is ander mense ook by betrokke en dan nog
jou eie lewe. Die dilemma waarmee mens hier sit, is dat die buite wêreld nie werklik die
toksiet sien en ervaar soos sy waarlik is nie, selfs die kinders ervaar nie hulle ma soos sy
waarlik is nie, want haar haat is gemik teen haar slagoffer, haar man. Seuns is in elk geval
meer geneig om die ma se kant te vat want die pa tree snaaks op. Hulle het immers geen
kennis van die verskuilde agendas nie. Die toksiet laat ook geen enkele steen onaangeroerd
om die saadjies van verdagmaking te plant nie. Dis immers deel van haar aanslag. Sy is
uitgevang, haar slagoffer wil nie meer saamspeel nie, so sy moet nou haar masker beskerm
vir al wat sy werd is, en wat is meer bevredigend vir 'n seun as jou ma jou as seun uitkies om
haar vertroueling te wees. Nie net vertroueling, maar ook raadgewer en kamma steun pilaar.
Dit is vir die toksiet alles deel van die spel, maar anders as vir normale mense vir wie dit hel
is, is dit vir die toksiet die ‘ultimate’ van lekkerte. Kyk net hoeveel vennote het sy nie nou
bymekaar om die verhoogstuk te speel nie. Dis die man, die kinders, die ouers en al die
vriende wat saam staan en hande klap, letterlik en figuurlik. As dit my vyftig jaar gevat het om
tot by hierdie punt te kom, hoe lank sal dit die niksvermoedende vat om by die waarheid uit
te kom, en waarom sou hulle dit wil doen? Volgens al die ander rolspelers was die man en pa
mal, daar is niks daaraan te doen nie, dit gebeur maar in die lewe. Die uitgeslape toksiet het
immers as die held en oorwinnaar uit die stryd getree. Die feit dat sy geen enkele bewys aan
die hof kon gee nie en dat sy geen voordeel uit die skeisaak kon trek nie, omdat leuens in die
howe nie maklik is nie en dan moet jy nog jou masker ook beskerm, het haar nie geraak nie.
Selfs daarvoor het die toksiet 'n antwoord: “Hy het geld en ek nie”, ongeag dat sy duisende
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 184