Page 185 - Getroud met 'n Leuen
P. 185

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               onregmatig bekom het deur die kinders te gebruik. Vir hierdie aanslae het ons baie Psalms
               nodig soos Psalm 90:

               PITKOS 90*
               Die ewige Here en sterflike mens
               Here, U is ons toevlug vir elke geslag tot in ewigheid.
               Voordat die berge gemaak is en U die wêreld geskep het,
               van ewigheid tot ewigheid, is U God.
               U laat mense weer terugkeer tot stof,
               en sê: “Keer terug, mensekinders!”
               Vir U is duisend jaar soos gister wat verbygaan,
               soos ’n nagwaak wat gou verby is!
               U vee mense weg soos drome wat verdwyn,
               soos gras wat in die oggend opkom:
               Soggens skiet dit op en groei,
               in die aand verdroog dit en verwelk.
               Inderdaad, ons siel kwyn weg onder u tug;
               ons is oorweldig deur u teregwysinge.
               Ons sondes is oop en bloot voor U,
               nie eens ons geheime sondes is vir U onbekend nie,
               want U weet alles aangaande ons.
               Sonder u vergifnis gaan al ons jare verby,
               ons eindig ons lewe soos ‘n sug.
               Die getal van ons jare kan 70 wees, of as ons sterk is, 80.
               Die beste van dié jare is die Here se genade en beskerming.
               Die lewe snel verby, en dan staan ons voor die dood se deur.
               Wie ken wat op die dag van die dood sal gebeur?
               Wie ken wat op die dag van die oordeel sal gebeur?
               Help ons om elke dag so te gebruik dat hierdie dae
               vreesloos sal wees.
               Leef in ons, Here!
               Hoe lank het ons om uit te stel?
               Ontferm U tog oor u kinders!
               Vul ons elke dag met u genade,
               dan sing ons siele vir altyd van vergifnis.
               As ons so kan leef, Here, na al die jare van versoekings
               kan ons die einde met vrede tegemoetgaan.
               Beskerm en vergewe al u kinders deur u groot genade,
               ook hulle kinders sal dit kan oorleef.
               En mag die Here ons God sy genade aan ons bewys,
               en die werk van ons lewensjare as goed bevestig.
               Ja, bevestig dit wat ons deur die jare gedoen het, as goed Here!







               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    185
   180   181   182   183   184   185   186   187   188   189   190