Page 180 - Getroud met 'n Leuen
P. 180

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               oor 'n leeftyd saam met so 'n mens egter nie 'n enkele duik maak om enigsins 'n verskil teweeg
               te bring in haar  toksiese lewensbeskouing nie. Dit is vir my onmoontlik om 'n stelling te maak
               of narsiste kinders van God kan wees of nie. Onwrikbaar glo ek dat God ons pad bepaal, elke
               mens se pad bepaal en so ook die toksiet se pad. Ek spreek my geensins uit oor waar hulle sal
               opeindig nie, daaroor sal slegs die Almagtige God besluit. In soverre my begrip my toelaat,
               verwys ek na narsiste as mense wat geen liefde besit nie, en as sulks laat my beperkte kennis
               my nie toe om narsiste as iets anders as ‘verwronge’ te klassifiseer nie.


               Bid God om jou te help om elke dag in die skadu van Sy vleuels te bly, en dankie te sê vir sy
               onuitspreeklike liefde en leef Hom met jou hele hart uit dankbaarheid. Onthou net, jy kan nie
               jou gade dwing om te verander nie – jy kan slegs jouself verander. Jou voorbeeld van liefde
               en diens kan egter ’n geweldige invloed op jou lewensmaat uitoefen. Onthou ook dat jy dit
               nie op jou eie kan doen nie. Jy benodig die hulp van jou Verlosser in jou eie lewe. Soos die
               apostel Paulus geskryf het: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee” (Filippense
               4:13). Mag God jou, jou huwelik en jou gesin seën namate jy strewe om volgens Sy woord te
               lewe!


























































               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    180
   175   176   177   178   179   180   181   182   183   184   185