Page 181 - Getroud met 'n Leuen
P. 181
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
DEEL VI: DIE HERE, DIE BYBEL EN HERSTEL NA ‘n TOKSIET SE
VERWOESTING.
Die lewe is nie altyd dit wat ons sou verwag om te wees nie. Daar is sekerlik ‘n saak te make
of dit jou skuld is, of dit iemand anders se skuld is en of dit hoegenaamd enige iemand se
skuld is. Of het skuld enigsins iets te make met ons lewenspad, of besef ons maar net nie dat
die lewenspad is ‘n pad wat bepaal is deur die Here, of ons nou dink ons het beheer daaroor
en of ons nie so dink nie. Lees ons die Bybel, besef ons dat die Here voorwaar weet wat ons
elke sekonde van elke dag doen en waar ons is. Persoonlik dink ek dat hierdie besef het baie
meer aan die lyf as wat ons sal wil erken of wat ons regtig wil glo, maar dit is juis hierdie
gedagte wat baie meer aan geglo sal moet word, want dit is 'n ontsaglike waarheid.
PITKOS 91*
Op God kan ek vertrou
Die mens wat die wil van die Here doen,
en Hom gehoorsaam, sal rus in die skadu
van die Almagtige.
Ek sal vir die Here sê:
“U is my toevlug en my vesting, my God op wie ek vertrou.”
Die Here sal my red uit die strik van die Bose
en van die vlaag van versoekings.
Hy sal my oordek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal ek skuil;
sy trou sal my beskerm soos ’n skild.
Ek sal nie bang wees vir die sonde se aanslag van die nag,
of die versoekings van die dag;
vir die Bose wat in die donker kom, of die boosheid wat teen
die middag verwoes nie.
Al sou duisend my aanval, of tienduisend my bestorm,
naby my sal hulle nie kom nie.
Net met my siel sal ek dit beleef, en met my wese weet van elke oorwinning.
As die Here my toevlug is,
as die Allerhoogste my skuilplek is,
sal geen versoeking my kelder, en geen sonde tot my ondergang lei nie.
Want Hy sal sy engele beveel om my te beskerm oral waar ek gaan.
Hulle sal my op die hande dra sodat ek nie my siel sal beskadig nie.
Ek sal oor die sonde en versoekings trap, die aardse plesiere nie meer najaag.
Die Here sê: “Omdat jy My liefhet, sal Ek jou verlos;
omdat jy my Naam ken, sal Ek jou beskerm.
Jy sal na My roep, en Ek sal jou antwoord; in sonde sal Ek by jou wees.
Ek sal jou red en jou sonde vergewe.
Ek sal jou die ewige lewe gee, en jy sal die oordeelsdag oorleef.”
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 181