Page 178 - Getroud met 'n Leuen
P. 178

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               en stemtoon. Die liefdes oorweldiging fase van die narsis, wanneer sy haar slagoffer mimiek,
               is die enigste tyd wanneer 'n toksiet naastenby hierby sal kan uitkom en dan is dit in elk geval
               'n vervalsing.

               Grendel 2: Oorredingsvermoë.

               Oorredingsvermoë sonder agting vir ander se denke, gevoelens en prioriteite, verander in
               manipulasie, uitbuiting en afpersing. Voorbeelde van  toksiese manipulasie is vals vleitaal,
               dinge groter te maak as wat dit is, vergrote selfbeeld en eiewaan, druk op ander plaas, maak
               van slagoffers, dubbelsinnige seine uitstuur.....vir narsiste is die gevolg van manipulasie, dat
               oor tyd laat hulle baie verbrande brûe agter, en dit laat respek in disrespek verander.


               Respekteer jy jou lewensmaat as ’n menslike wese wat na die beeld van God geskape is? Lees
               wat God se opdrag is aangaande ons verhouding met andere: “Moenie iets doen uit selfsug
               of  uit  ydele  eer  nie,  maar  in  nederigheid  moet  die  een  die ander hoër  ag as  homself”
               (Filippense 2:3). In 'n  toksiese verhouding kom dit uit op die onmoontlike, dus kan geen mens
               hom beroep op die Bybel en dit toepas op 'n toksiet of  toksiese verhouding nie. Nie binne die
               huweliksverhouding nie, want die uitsluitlike doel van die toksiet is om die huweliksmaat ten
               gronde te laat gaan. Ja, jy behoort jou huweliksmaat te waardeer – hoër te ag as jouself, maar
               nie vir die toksiet in jou midde nie. Eer en respekteer jou lewensmaat, maar vir narsiste is dit
               eerder 'n kwessie van verwoes en vermoor jou lewensmaat. Daarmee saam hang die hele
               kwessie van om jou lewensmaat te waardeer vir wie en wat hy is, vir die bydra tot die welstand
               tot die verhouding of om te groei na iets wat begeerlik en volhoubaar is. Vir mense wat nog
               nooit  met  'n  toksiet  te  doen  gehad  het  nie,  sal  hierdie  beskrywings  na  iets  belagliks  en
               onwerklik klink. En dit is te verstane want dit is ook so vir die slagoffer wat in die verhouding
               vasgevang  is.  As  'n  toksiet  in  'n  hoek  gedryf  word  binne  'n  huweliksverhouding  waar  die
               slagoffer  uiteindelik  besef  wat  aan  die  gebeur  is,  kan  die  bedrog,  koudheid  en
               gewetenloosheid waartoe hierdie wesens instaat is, nie beskryf word nie.

               Grendel 3: Reëlverbreking.


               Ongelukkig is  toksiese reëlverbreking nooit om 'n situasie te verbeter nie, of die verbetering
               van 'n doel nie, maar baie eerder tot die selfsugtige voordeel van die toksiet self. Voorbeelde
               van  toksiese reëlverbreking sluit in: hulle druk voor in rye in, hulle gee klein fooitjies, hulle
               dring in ander mense se persoonlike spasie in, hulle leen sonder om terug te gee, hulle gebruik
               ander mense se goed sonder om te vra, hulle steel doelbewus kantoorbenodighede, hulle het
               geen ontsag vir verkeersreëls nie, hulle verbreek maklik afsprake met ander, hulle daag laat
               op by afsprake, 'n belofte het geen waarde vir hulle nie, hulle het 'n algemene minagting vir
               die  persoonlike  regte  van  ander,  ens.  Sulke  oortredings  dui  op  'n  verwronge  sin  van  eie
               belangrikheid en 'n eie bevoorregting met 'n baie eng en egosentriese oriëntasie wat ander
               geringskat en marginaliseer. Baie keer haal hierdie soort van ‘oortredings’ die toksiet in en
               dan beland hy in die moeilikheid. Hulle het 'n geneigdheid om hulle alledaagse pligte soos
               finansies, huispligte en hulle eggenoot te minimaliseer ten gunste van hulle opgeblase eie
               belangrikheid.







               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    178
   173   174   175   176   177   178   179   180   181   182   183