Page 173 - Getroud met 'n Leuen
P. 173

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               'n Toksiese huwelik is 'n werklikheid, 'n afskuwelike werklikheid en wat nou volg, is nie die
               toksiese  huwelik  se  beskrywing  nie  want  dit  bestaan  net  uit  die  toksiet  (die  ander  party
               bestaan nie) en as sulks is dit dus nie 'n huwelik nie, nie tegnies nie en ook nie Bybels nie. Dit
               is bloot 'n mishandelingskamp. Maar wat hieronder volg is 'n sameflansing van 'n klomp
               toksiese  elemente  –  dit  is  wat  'n    toksiese  huwelik  is,  wreed,  vormloos,  waardeloos  en
               toekomsloos. Onwillekeurig dink mens aan Gal 5:15 “Maar julle byt en verskeur mekaar; pas
               op dat julle mekaar nie later heeltemal verslind nie”, maar dit sal die slagoffer nie sommer
               maklik te wete kom nie, as hy of sy nie die kennis het nie.

               Wanneer ’n man en ’n vrou ’n verbintenis aangaan om man en vrou te word, is daar gewoonlik
               ’n  vreugdevolle byeenkoms  om  die bevestiging  van  ’n  nuwe  gesin te  vier.  ’n  Bruilof  is  ’n
               vreugdevolle gebeurtenis en gaan dikwels gepaard met musiek, blomme, familie en vriende.
               Die huwelik is een van die belangrikste gebeurtenisse in ’n persoon se lewe. ’n Formele,
               openbare verbintenis is die begin van ’n leeftyd saam en die bruid en bruidegom mag selfs
               die tradisionele woorde soos “in goeie tye of slegte tye, in rykdom of armoede, in gesondheid
               of siekte totdat die dood ons skei” herhaal. Skandelik staan die toksiet ook daar en herhaal
               die woorde, maar eintlik kook sy innerlik van haastigheid om met sy  toksiese werksaamheid
               van verwoesting te begin. By narsiste begin die meeste bose aktiwiteite net na die huwelik,
               en party is nog slinkser en wag vir die eerste kind om gebore te word voordat hulle regtig met
               hulle toksisiteit begin.

               Indien jy beplan om te trou, is jy ten volle daarop voorbereid? Het jy ten minste een artikel of
               boek oor narsisme gelees? Indien jy alreeds getroud is, hoe vorder jy met jou verbintenis? Het
               jou drome ewe skielik en amper oornag in 'n hel verander? As daar 'n toksiet in jou midde is,
               wat staan jou dan te doen, want die toksiet se verskyning is nou net voor die deur? Is daar
               iets wat jy daaraan sal kan doen, en is jy opgewasse genoeg om dit te kan identifiseer vir die
               monster wat dit is?

               Ons weet almal dat die slaagsyfer van huwelike in hierdie land maar droewig is. Meer as 50%
               eindig in die skeihof, maar hier praat ons spesifiek van 'n huwelik wat feitlik geen kans op
               oorlewing het nie. Die eerste rede is die ontsaglike emosionele skade en die tweede is dat
               daar baie keer ook geweld daarmee gepaard gaan. Liggaamlik en/of geestelik. En wat sê die
               Bybel, soos ons vroeër gesien het, dat die Here wil hê ons moet in vrede in die huwelik lewe?

               Ons in die Westerse wêreld behoort ons gesinne en ons huwelike te verstewig, en ons kan dit
               doen deur liefde maar die enigste werklike manier is om die Here in ons huwelik voltyds toe
               te laat. Die stabiliteit en gesondheid van die nasie is grootliks afhanklik van die stabiliteit en
               gesondheid van die gesin. In baie samelewings word Bybelse waardes by die deur uitgegooi,
               veral  in  'n  multi-kulturele  nasie  soos  ons  sin.  Maar  hierdie  boek  gaan  nie  oor  die  breër
               probleem van huweliksontbinding in die algemeen nie, maar baie spesifiek rondom  toksiese
               mense binne die huwelik, en die gewaarborgde wrakstukke wat oorbly wanneer die soort
               huwelik tot 'n einde kom..

               Vir  die  oorgrote meerderheid  van ons huwelike  is  dit  baie  waar,  maar  vir  'n  beduidende
               hoeveelheid,    ongeveer     5%    van    hulle,   is   daar   mense    met        toksiese






               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    173
   168   169   170   171   172   173   174   175   176   177   178