Page 168 - Getroud met 'n Leuen
P. 168

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               eer en respek aan jou huweliksmaat te betoon! Kyk na hierdie uiters belangrike opdrag wat
               God aan die mans gee: “Net so moet julle, manne, verstandig met julle vrouens saamlewe en
               aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die
               genade van die lewe is – sodat julle gebede nie verhinder mag word nie” (1 Petrus 3:7)

               Effektiewe kommunikasie beteken om effektief te luister sowel as om te praat of te gesels.
               Ons behoort te luister om te verstaan – probeer om jou eggenoot se standpunt te verstaan.
               Probeer om jou eggenoot se gevoelens en behoeftes te verstaan! Betoon respek deur jou
               volle aandag te gee.

               Kommunikasie: Die vyf vlakke van kommunikasie is alom bekend en word wyd gebruik om
               kommunikasie in huwelike te verbeter. Daar is egter nog baie mense wat nie weet wat hulle
               is nie, maar dit is iets wat baie nuttig kan wees wanneer jy kommunikasie in jou huwelik na
               die volgende vlak wil neem. Met elke daaropvolgende vlak is daar die potensiaal vir meer
               groei, meer diepte, meer intimiteit. Maar natuurlik is die enigste manier om meer intiem te
               wees, om meer kwesbaar te word. Dus, met elke vlak kom ook 'n groter risiko. Jy maak jouself
               meer en meer oop om seer te kry, om geoordeel te word, om bespot te word, teerheid wat
               teen jou gebruik kan word om seer te maak. Dit is hoe intimiteit werk. Die enigste manier om
               werklik  intimiteit te bou,  is  om  saam  meer  kwesbaar te word.  Maar  as  dit  nie  binne  die
               grootste vertrouens basis binne die huwelik gehou word nie, is die skade onherstelbaar.

               Laat ons dus begin met die onderste vlak, die mees simplistiese kommunikasie, met byna geen
               risiko  en  baie  min  winste.  Dit  is  vlak  een  kommunikasie  waar  oppervlakkige  ligsinnigheid
               gedeel word. Dit grens aan alledaagse praatjies met die man op straat, inteendeel kan mens
               met byna enige iemand op die vlak gesels, behalwe met narsiste. Dit is die "Hi, hoe gaan dit
               met jou?" vrae wat jy vra wanneer jy in die straat by iemand verby loop en nie regtig wag vir
               die antwoord nie. Dit is die "Covid is darem nou woes, is dit nie?" gesels wanneer jy in die tou
               staan en wag en met 'n vreemdeling praat. Dit deel niks regtig nie. Jy bied niks van jouself nie
               en  jy  verwag  niks  in  ruil  daarvoor  nie.  Jy  deel  net  die  samelewing  geprogrammeerde
               aangenaamhede wat in hierdie situasie verwag word.

               Vlak twee verg 'n bietjie meer betrokkenheid van beide partye want dit gaan nou bietjie meer
               oor die deel van werklike inligting. So een stappie hoër op as 'n vlak een, deel en ruil ons
               inligting uit. Dit is hoe die meeste van ons by die werk kommunikeer. Rapporteer feite en
               planne aan kollegas, kry inligting van besighede en skryf programme en stelsels vir hulle. En
               baie nodige kommunikasie in die huwelik leef ook op hierdie vlak. Die bestuur van 'n gesin,
               selfs van twee mense, vereis gesinchroniseerde skedules, bespreking van finansies, en tipiese
               logistieke besprekings. Daar is effens meer risiko. Jy kan 'n fout in jou syfers maak, jy kan 'n
               verkeerde datum of tyd gee. Maar regtig, jy waag niks van jouself hier nie. Daar is nie veel van
               jouself op hierdie vlak nie. Dit is dagboek deel, dit is feite en syfers. Maklik hanteerbaar, en
               dus min persoonlike risiko. Die probleem is dat in baie huwelike is dit waar kommunikasie
               stop. Daar word slegs vlak Een en Twee gebruik. Jy sê "hallo" in die gang, jy maak seker jou
               eggenoot weet van die kinders se sport, jy vra "hoe laat eet ons" en maak seker jou eggenoot
               het die hele lys van goed wat by die winkel gekoop moet word. Maar om 'n verhouding te wil
               hê wat meer as net huismaats is, moet jy verder as dit vorder.





               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    168
   163   164   165   166   167   168   169   170   171   172   173