Page 163 - Getroud met 'n Leuen
P. 163
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie.” Dan vertel Jesus vir ons dat die boer alles
wat God hom gee as sy eie beskou en mooi wegpak in skure. Aards lyk dit pragtig, groot huis,
te veel karre en alles wat tegnologie is, is daar. En moet net nie van die vet bankbalans vergeet
nie. Dit is alles God sin, en as ons siel sterf sê Hy: “So gaan dit met hom wat vir hom skatte
vergader en nie ryk is by God nie.” Die aardse besittings bly God sin, maar jy en jou siel is
verlore. Wel, eintlik is die huwelik en die familie verlore. Satan grynslag van tevredenheid. Dit
is in dié godlose huwelike waar narsiste gevorm word, en kinders wat geestelik liefdeloos wan
opgevoed word. Die kanse dat toksiese ouers toksiese kinders voort bring is baie hoog! Die
duiwel wil in jou hart fluister dat jy niks ooit sal kan regkry nie, want jy is nie bekwaam genoeg
nie. Jy het te min ondersteuning. Jy het te min hulpbronne. Jy is nie goed genoeg voorberei
nie. Hy hoop jy sal voel God het jou verraai, verwerp, al sal Hy jou nooit verlaat nie.
Kan Satan regtig slegte gedagtes, kwaadwillige aannames of wrede aantygings teenoor jou in
ander mense se gedagtes plant? Vir seker. Die woord Satan beteken ‘aanklaer’ en vals
aanklagte is sy spesialiteit. Onthou, hy het Judas aangehits om vir Jesus te verraai (Joh 13:2).
Het Satan regtig die mag om die natuurkragte te beïnvloed? Gaan lees die boek Job. Kan Satan
soms die rede agter siektes en kwale wees? Hy het daarvan in Job se lewe veroorsaak. (Nie
elke siekte nie) Die Bybel vermaan ons om weg te bly van sy bose planne af (2 Kor 2:11)
God beveel die man om sy vrou te eer. Hou in gedagte, beide is “mede-erfgename van die
genade van die lewe”. Elke menslike wese op hierdie aarde het die potensiaal om in die
geestelike gesin van God ingebore te word as ’n verheerlikte, onsterflike kind van God. Die
apostel Paulus herinner ons aan God se plan vir ons: “Ek sal vir julle ’n Vader wees, en julle sal
vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige” (2 Korintiërs 6:18). Die heel
belangrikste element is om te verstaan dat God waarde heg aan elke menslike wese,
insluitende jou huweliksmaat, ongeag jou opinie van hom of haar.
Maar ons weet ook Satan het nie opgehou om hierdie selfde strategieë teen ons te gebruik
nie. In die Nuwe Testament beskryf Petrus hom as “'n brullende leeu, op soek na iemand om
te verslind” (1 Pet. 5:8). Dit is wat die duiwel vandag nog doen – in jou land, in jou
gemeenskap, in jou gemeente en in jou familie. Hy, of een van sy bose verteenwoordigers,
loop rond. Soekend. Vas beslote om iemand iewers te verslind. Hy wag net op die beste
oomblik om jou vrede te versteur. Hy wag vir daardie oomblik wat jy die heel kwesbaarste is.
Wanneer jy uitgeput is. Kwaad. Bang. Alleen. Of wanneer jy so gerieflik geraak het dat jy jou
waaksaamheid laat sak en nie meer waaksaam is nie. “Wees versigtig! Pas op,“ sê Petrus (1
Pet 5:8). Wees bewus daarvan dat Satan net sy tyd afwag.
Hy wag. Hy smee planne. En wanneer hy jou in die posisie het waar hy jou wil hê – dalk effens
te vol selfvertroue of apaties of afgetrokke genoeg – sal hy 'n verrassingsaanval op jou loods,
subtiel of skielik, wat hy ook al dink die doeltreffendste sal wees. Maar hoe? Dit kan 'n goed
beplande versoeking wees. Soms is die vyand se wapen om verwarrende gedagtes in jou te
plant, verdeeldheid in jou huwelik te veroorsaak of jou moedeloos of depressief te laat voel
oor 'n verlies wat jy beleef het. Ander kere gebruik die duiwel op die perfekte oomblik iets
om ons aandag af te lei.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 163