Page 158 - Getroud met 'n Leuen
P. 158
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Hieruit kan ons aflei dat die Here ons werklik 'n weinig minder as 'n hemelse wese gemaak
het, al dink ons nie so nie. Sy begeerte en doel met ons, is dat ons saam sal groei na eenheid,
'n eenheid in geloof en ons kennis van God en dan sal ons, Sy kerk, soos 'n volgroeide mens
wees wat net so volmaak en volwasse soos Christus is. Satan aan die ander kant probeer sy
bes om die teendeel te bewerk en hy doen dit natuurlik deur ons te vertel dat dit onmoontlik
is, ons kan nie so volmaak wees nie. So hoe meer geraas hy daar in die wêreld sit om dit te
bewys, hoe meer raak ons besig met ander dinge wat ons wegvat van die gemeente en van
die kerk en van God. Maar Jesus doen 'n beroep op ons in Efe 4:22 en vers 17. Hou asseblief
op om te leef asof ek nie bestaan nie, breek asseblief met die ou mens wat niks van my wil
hoor nie, die een wat deur sondige begeertes verteer word. Vernuwe asseblief julle gedagtes,
en as julle sukkel, vra vir God om jou gedagtes nuut te maak en lewe dan volgens die wil van
God en wees heilig. Ja, as ons om ons rond kyk en dit is moeilik om so soort lewe raak te sien
maak dit die stryd nog moeiliker, maar Jesus sê dat ons nie soos heidene moet leef nie.
Heidene se gedagtes lei tot niks, hulle verstand is verduister en hulle het geen deel aan die
lewe wat God skenk nie, omdat hulle hardnekkig in hulle onkunde volhard.
Alles wat in die Bybel is, is of wit of swart. Dit is of lig of duister. Jesus wil hê ons moet in die
lig lewe en satan wil hê ons moet in die donker lewe. In die lig sien almal ons lewe en ons
moet leef soos die Woord sê, daarenteen is die donker lewe baie makliker want niemand sien
dit nie en ons hoef slegs voor te gee ons lewe volgens die Bybel. in die donker kan alles aanpas
om ons lewe te pas, 'n bietjie sleg en 'n bietjie goed. 'n Bietjie kerk en gemeente, en baie
gerieflike en gemaklike tyd want my deel is gedoen. Maar Jesus het 'n ander gedagte. Hy wil
hê ons moet voltyds in die lig lewe, want uit die lig kom alles wat reg, goed en waar is. Sy
opdrag vir elke dag is dat ons ons gedurig moet afvra of dit wat ons doen, aanneemlik vir God
is? Sy lewensadvies vir ons is dat ons tog nie moet meedoen aan die vrugtelose praktyke van
die donker nie. Vir baie van ons is dit goed soos ontug, onsedelikheid, en enige vorm van
gierigheid en ligsinnige, growwe en vuil praatjies, maar daar is 'n horde baie meer subtiele
donker dade soos ons hantering van mekaar, ons omgee vir ander, ons plig teenoor die
gemeente en die kerk en ons verhouding met Jesus. Hierdie is die dinge wat ons ‘elke dag’
verander van donker na lig as ons tyd maak vir God op 'n daaglikse basis.
Die Kerk Se Verstaan van Narsisme En Hulp?
Nou laat die kerklose en kerklosse mense my al te veel dink aan die narsiste van die lewe. As
mens etlike jare spandeer het is die teenwoordigheid van 'n toksiese mens of mense, dan kan
mens nie anders as om te besef wat die Here gesê het toe hy die saligsprekinge uitgespreek
het. Bowenal kom mens van aangesig tot aangesig met die wete dat niemand nêrens gaan as
die Here nie die hoeksteen is van alles in sy lewe nie. Dit gaan vir die goed en die sleg. Maar
die ooreenkomste tussen dié van 'n toksiet en dié van party lidmate binne die konteks van die
storie is ongelooflik. Toksiese lidmate is aanmekaar gesit om mense te manipuleer. Vir hulle
is 'n verhouding met die kerk 'n lewens speletjie waarin hulle nie op die kerk verlief is nie en
ook nie omgee vir die kerk nie.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 158