Page 159 - Getroud met 'n Leuen
P. 159

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Hulle gee om oor wat ander sal sê as hulle nie in die kerk is nie, nou nie fisies nie, maar darem
               moet mens 'n lidmaat wees, maar in wese is hulle net lief vir hulleself. Hulle leef in 'n eie
               wêreld waarin hulle (en hulle gesin) die kerk nie nodig het nie, en die slagoffer is die kerk wat
               gemanipuleer word. Daar is gewoonlik drie fases waardeur 'n  toksiese verhouding met die
               kerk gaan.

               Die eerste fase is gewoonlik die vroeë omgee fase waar die  toksiese lidmaat uit sy pad gaan
                                                                                        om  die  kerk  te
                                                                                        beïndruk  en  te
                                                                                        oorweldig     met
                                                                                        aandag.  In  die
                                                                                        proses    gebruik
                                                                                        hulle    al    die
                                                                                        inligting wat hulle
                                                                                        van  die  kerk  en
                                                                                        leraar  bymekaar
                                                                                        gemaak  het  om
                                                                                        van  hulleself  die
                                                                                        ideale  lidmaat  of
                                                                                        lidmate  te  maak.
                                                                                        Hulle  is  nog  nie
                                                                                        seker  oor  presies
                                                                                        wat  hulle  uit  die
                                                                                        verhouding wil hê
                                                                                        nie,   so    hulle
                                                                                        verkrag  hulleself
                                                                                        'n  bietjie  om  die
                                                                                        onsekerhede weg
                                                                                        te  steek.  Hulle  is
                                                                                        meesters  daarin
                                                                                        om  die  kerk  en
                                                                                        leraar  en  alles
                                                                                        anders          se
                                                                                        agtergrond      te
                                                                                        fynkam,        die
                                                                                        kerkraad  uit  te
                                                                                        vra  oor  die  kerk
                                                                                        se    leer,    die
                                                                                        gemeente        se
                                                                                        geldelike  stand,
                                                                                        die  gemeente  se
                                                                                        fokus    en   hoe
               hulle mense behandel. Hulle tap die gemeente se siel uit om kennis te kry van wat die kerk se
               hart laat klop, sy lewens DNA as ware en dit so goed as moontlik te gebruik om die gemeente




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    159
   154   155   156   157   158   159   160   161   162   163   164