Page 164 - Getroud met 'n Leuen
P. 164

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Die  apostel  Petrus  gee
               opdrag aan Christene om ’n
               goeie  voorbeeld  te  stel,
               selfs  vir  hulle  nie-Christen
               huweliksmaats:  “Net  so
               moet julle, vroue, aan jul eie
               mans  onderdanig  wees,
               sodat,  as  sommige  aan die
               woord  ongehoorsaam  is,
               hulle  ook  deur  die  wandel
               van  die  vroue  sonder
               woorde gewin kan word as
               hulle jul reine, godvresende
               wandel  aanskou  het”  (1
               Petrus 3:1-2).

               'n  Mens  kan  immers  nie
               iemand  anders  teen  sy  of
               haar wil verander nie, maar
               jy kan jouself verander. Ons
               het    almal    Godgegewe
               verantwoordelikhede in ons
               huwelik en in ons gesin. God
               sê  aan  die  mans:  “Manne,
               julle  moet  jul  eie  vroue
               liefhê, soos Christus ook die
               gemeente  liefgehad  en
               Homself daarvoor oorgegee
               het”  (Efesiërs 5:25).  Vervul
               jy, as die man, jou godgegewe verantwoordelikheid? Sommige mans en vrouens plaas groot
               klem op hulle oordeel van hulle huweliksmaats se gedrag, om hulle eie gebrek aan getroue
               diens te verontskuldig. Onthou, ons sal almal voor die regterstoel van Christus staan, soos ons
               vertel word in Romeine 14:10. Maak seker dat jy jou eie, Godgegewe verantwoordelikheid as
               man of vrou nakom! ’n Eggenoot het vyf areas van verantwoordelikhede teenoor sy vrou:
               Liefde en respek, ondersteuning en aanmoediging, leierskap en leiding, hulp en beskerming
               en inspirasie om te groei (Plain Truth, Junie 1966), en dieselfde tydskrif sê amper 'n jaar vroeër
               dat ‘n vrou sal help om haar eggenoot en die hele gesin by te staan in die volgende aspekte:
               Meegevoel  en  dienslewering,  teerheid  en  skoonheid,  intelligensie  en  begrip,  Christelike
               deugsaamheid en geloof, hoop en moed.

               Wanneer ons hierdie Bybelse karaktereienskappe in ons lewens toepas, verryk ons die lewens
               van andere en ons versterk daardeur ons huwelik en gesin. Die boek Titus sit die Bybelse
               verantwoordelikhede  van  Christelike  vrouens  uiteen  en  verduidelik  dat  ouer  vroue  “jong
               vroue kan leer om versigtig te wees, [en] hulle mans en kinders lief te hê” (Titus 2:4). Dieselfde
               word natuurlik ook van die man verwag wat nie met 'n Christen vrou getroud is nie.  Indien jy



               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    164
   159   160   161   162   163   164   165   166   167   168   169