Page 169 - Getroud met 'n Leuen
P. 169
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
In vlak drie begin ons bietjie wyer gesels, ons deel idees en menings en gee ons
opinies. Wanneer ons idees en menings deel, begin ons 'n bietjie deel van wie ons is. Wat ons
dink. Ons deel nie net ons sakrekenaar of ons kalender nie, maar ons deel iets wat ons geskep
het: 'n gedagte en denke oor die verhouding. En daarmee saam kom groter risiko, want nou
kan iemand met ons verskil oor iets wat uniek 'ons' is. Hierdie vlak kom in spel wanneer jy
gevra word "Wat dink jy van hierdie rok?", want nou moet jy 'n besluit deel. Wanneer jy jou
eggenoot vertel waar jy dink julle julle volgende vakansie moet neem. Wanneer jy oor die
kerk praat, kom dit op oor hoe jy oor die Here voel. Dis hoe jy van mense meer te wete kom.
Voor hierdie vlak kan jy hulle vaardighede oordeel, hulle skedule en dinge soos dit meet, maar
nie regtig geweet wie hulle is nie. Dit is waar verhoudings regtig begin vorm. Maar
verhoudings wat bly op hierdie vlak word nooit regtig meer as net vriende nie.
In vlak 4 deel ons waardes en gevoelens. Ons raak nou gevorderd en dit is meer gewigtig want
die kans op verskille raak nou meer. Nou kan dit gewigtig raak met dieper insig. Ons deel wat
ons voel. Wat ons dryf. Ons hoop en ons drome. Dit is waar jy begin om vriende te word. Jy
stap regtig nou uit die veilige sone. Omdat ons waardes en gevoelens gebruik is die kans
groter om seer te kry. Wanneer iemand weet dat iets vir ons belangrik is, kan hulle dit
moontlik as 'n wapen teen ons gebruik en in toksiese verhoudings is dit 'n groot groot
waarskynlikheid. Maar dit laat jou maat ook meer weet oor wie julle werklik is. Wat hou ons
aan die gang. Wat vir ons in die lewe belangrik is. Waarvoor ons omgee. Maar ook hoe die
lewe ons beïnvloed. Nou kan ons die toestand van ons wese deel. Wanneer jou eggenoot vra
"Ek het 'n probleem, wat dink jy moet ek doen?" is hulle op soek na vlak vier kommunikasie.
Vir jou om te deel wat jy voel. Wanneer jy sê: "Ek is lief vir jou", is 'n vlak vier kommunikasie,
tensy dit 'n cliché geword het... dan is jy terug na vlak een. En ook as jy in 'n toksiese
verhouding betrokke is, dan is die vlak natuurlik -1, want toksiese verhoudings is 'n
bedrogspul.
Ek sou sê die oorgrote meerderheid gevorderde huwelike kom tot op hierdie punt. Sommige
bly nie hier nie, sommige trek terug na vlak drie of selfs vlak twee wanneer hulle ophou om
opsetlik begaan te wees oor hulle huwelik of as die liefde opdroog, maar die meeste bestuur
hierdie vlak van kommunikasie nog redelik goed, al is dit ook selde dat dit op hierdie vlak bly.
Maar die volgende een is een van die bestanddele wat 'n groot huwelik maak.
Vlak vyf kommunikasie is regtig waar baie huwelike gemaak en gebreek word. Dit is die deel
van intieme kennis en vertroue en ook waar belydenis plaasvind. Dit is waar dit regtig
oorweldigend raak en tog behoort dit spontaan te wees en nie geforseerd nie. Nou begin jy
die diepste gevoelens deel van wie jy is. Dit is 'n vlak wat die meeste mense reserveer vir slegs
God ... wanneer jy bid. Dit is tog ook vir die huwelik, maar as die huwelik dit nie kan hanteer
nie, is hierdie huwelik 'n klug.
Dit is waar ons begin om regtig intiem te kommunikeer. Om te deel wat ons verkeerd gedoen
het, sowel as die wonderlike dinge in ons lewe. Dit is waar ons regtig 'n risiko neem. Op hierdie
vlak is dit moontlik vir 'n man of vrou, en daar is niks wat dit meer pertinent bewys nie, as
wanneer hulle byvoorbeeld, ontrouheid aan hulle eggenoot kan erken nie. Dit is hoe vlak vyf
kommunikasie is soos: om heeltemal oop en eerlik, meer as eerlik te wees. Deel die diepste,
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 169