Page 165 - Getroud met 'n Leuen
P. 165
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
jou God gegewe verantwoordelikhede doen, sal jy ’n positiewe voorbeeld vir jou man of vrou
wees. God sal jou pogings seën indien jy Hom in jou huwelik erken en Jesus Christus versoek
om Sy lewe in jou te leef. Streef daarna om met God se hulp, die beste eggenoot of eggenote
te wees wat jy kan wees.
Kommunikeer in liefde
Een van die taktieke van die toksiet is om geen aandag aan jou te gee nie. Hy luister nie, hy
ken jou nie, en hy sluit jou doelbewus uit sy lewe. Hoe dikwels vind ons paartjies wat in hulle
gesprekke nie op mekaar ingestel is nie?
Die apostel Paulus gee aan ons ’n grondliggende beginsel om doeltreffend te kommunikeer,
“terwyl ons in liefde die waarheid betrag, [sodat ons] in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof
is, naamlik Christus” (Efesiërs 4:15). Sommige mense praat die waarheid in haat, maar
Christene wat na volwassenheid streef in Christus sal ag gee op die uitwerking wat hulle
woorde kan hê op diegene wat na hulle luister. Wanneer jy met jou gade praat, openbaar jy
bedagsaamheid en besorgdheid? Kommunikeer jy met respek? Ons behoort sekerlik geduldig
te wees met mekaar, want “die liefde is lankmoedig en vriendelik” (1 Korintiërs 13:4). Die
Nuwe Vertaling sê: “Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik”. Praat altyd bewustelik die
waarheid in liefde! Die groter vraag is of jy werklik in die oë van jou wederhelf bestaan?
In ons dolle lewens mag die huweliksmaats elkeen sy eie koers inslaan en selde tyd vind om
met mekaar te praat. Dit op sigself is 'n self geskepte probleem, want wat ook al so belangrik
is, mag nie belangriker wees as die gesin wat God jou gegee het nie. Dit mag dalk nodig wees
om op 'n ander plek te gaan werk vir 'n sekere periodes in jou werkslewe, of dalk as gevolg
van die feit dat dit die enigste werk is wat jy as die man kan kry, maar dit is nie die norm nie.
Indien dit bloot gaan oor meer geld of meer van enige iets anders, dan is dit nodig om ernstig
daaroor te besin. Die versoekinge wat sulke bedelings te weeg bring, is nie die moeite werd
as jy 'n kind van God is nie. Dit is ook 'n bewese feit dat jou taalgebruik, gesindheid of manier
van praat aan die begin van die dag, jou hele verhouding kan beïnvloed. Leer om in die eerste
paar minute wanneer julle saam is aan die begin van die dag, uitdrukking te gee aan ’n
positiewe, liefdevolle gesindheid. Indien julle moeite doen, sal julle ’n toevallige argument of
onnodige grief wat die hele dag kan duur, vermy. Gee ook spesiale aandag wanneer julle aan
die einde van die dag weer bymekaar kom. Selfs al is julle moeg, sal ’n positiewe woord van
aanmoediging of waardering - 'n drukkie of 'n soentjie, kan vir die hele aand 'n groot verskil
aan julle verhouding maak.
Die Skrif gee hierdie opdrag aan vrouens wat nie-Christen mans het: “Net so moet julle, vroue,
aan julle eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle
ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word” (1 Petrus 3:1). Jou
liefdevolle, toegeeflike, Christelike voorbeeld kan ver strek om ’n positiewe invloed op jou
lewensmaat uit te oefen. Let wel, die klem val op jou gedrag, nie op jou poging om jou
lewensmaat in jou geloof in te argumenteer nie!
Die gewilligheid om God in die huwelik te betrek en ook in julle gesamentlike lewe, behoort
'n hoë prioriteit te wees. Ons behoort almal God en ons Verlosser in elke aspek van ons lewens
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 165