Page 161 - Getroud met 'n Leuen
P. 161

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               ongelukkigheid  en  nog  'n  kerk  wat  gaan  sukkel  om  weer  eenheid  te  bewerkstellig.  Die
               toksiese lidmaat sal verskeie van die volgende doen:

                   •  Hulle is aanwesig maar stel nie belang in die kerk nie.
                   •  Hulle sal nie probeer om antwoorde te kry vir hulle probleme nie, net bly kwaad stook.
                   •  Hulle vertel ander mense agteraf slegte goed van die kerk, maar vooraf prys hulle die
                       kerk.
                   •  Hulle vertel negatiewe goed van die kerk en word dan kwaad as die kerk hom verdedig.
                   •  Hulle praat met die kerk maar sê eintlik niks. Dis net om die kerk te blameer vir vrae
                       wat nie beantwoord word nie.

                   •  Hulle verwyt die kerk.
                   •  Hulle gee voor om van die kerk te hou as ander mense in die nabyheid is, sal self vlytaal
                       of komplimente gebruik sodat ander kan dink hulle is aangenaam.
                   •  Hulle het geen behae in die kerk se sienings nie, inteendeel die kerk is net daar om
                       hulle te dien.
                   •  Hulle laat die kerk tyd vermors op sinnelose goed wat deur die  toksiese lidmaat ge-
                       opper word.
                   •  As die kerk probeer om vir homself op te staan en 'n punt te stel, beskuldig hulle die
                       kerk dat hy nie sy lidmate verstaan nie.
                   •  Hulle het altyd ander mense om hulle nodig om hulle te ondersteun.
                   •  Hulle blameer die kerk vir al wat 'n slegte situasie is en vat selde verantwoordelikheid
                       vir hulle eie verkeerde dade.
                   •  Hulle dink hulle is beter as ander en hulle ken die Here beter as ander mense. In hulle
                       oë is hulle verhouding met die Here so 'n trappie hoër as die normale mens sin.
                   •  Hulle maak die kerk geestelik seer en blameer die kerk daarvoor. Asof hulle die reg het
                       om vir die gemeente te praat.
                   •  Hulle eis die reg op aandag op, sodat die kerk aan hulle aandag moet gee.
               Die moeilikste van alles is om te aanvaar dat die  toksiese lidmaat werklik  toksies is, en die
               ergste is om te besluit wat om met so lidmaat te doen. Dit is veral moeilik wanneer die
               toksiese lidmaat 'n aanhang of gehoor het.

               Hoofstuk Elf: Huwelike – Goed En Sleg (Toksiese).

               Die hele Bybel, van die begin tot die einde, gaan daaroor dat God vir Hom 'n Christen volk
               wou skep waarvan Jesus die Hoof is, en onder Hom is die kerk met sy lidmate en daarmee
               saam die huwelik. En dit maak alles 'n geestelike gesin uit as ons na die aardse komponent
               daarvan kyk. Hierdie ongelooflike waarheid behoort ons te motiveer om ons kerk, gesins- en
               huweliksverhoudings te verbeter en in stand te hou.

               In 1 Petrus 3:1-7 lees ons wat God in gedagte gehad met die huwelik. Toe die gedeelte geskryf
               is deur Petrus, was dit hoe God se plan en doel vir ons huwelike hier op aarde was. Maar die
               verval  van  die  moderne  mensdom  is  nêrens  meer  sigbaar  as  in  hierdie  gedeelte  nie.
               Inteendeel, anders gestel kan mens sê dat die verval van die Westerse samelewing is direk te
               wyte aan die verval van die huwelik, en die huwelik se verval is weer gekoppel aan die verval
               van die rol van die man en vrou soos deur God bepaal.



               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    161
   156   157   158   159   160   161   162   163   164   165   166