Page 170 - Getroud met 'n Leuen
P. 170

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               innerlike denke en wese van jou, wetende dat die risiko baie groot is en dan nog steeds besluit
               om kwesbaar te wees.

               Die eenwordingsproses in die huwelik wentel hoofsaaklik rondom die vyf aspekte van die
               lewe.  Daar  is  natuurlik  baie  meer,  maar  ons  fokus  op:  respek,  begrip,  vertroue,
               openhartigheid en ervaring. Hierdie vyf elemente kan ook saamgevoeg word in die Bybelse
               term van onderdanigheid. Ons wil so graag die woord onderdanig in die Bybel beskryf in dat
               dit sou beteken die een moet op die ander se kop sit. Onderdanigheid, en nou praat ons van
               Bybelse onderdanigheid, het niks met narsiste en baasspelerigheid te doen nie, maar word
               saamgevat in die vyf begrippe van:

               My respek vir my maat veroorsaak dat ek vir hom/haar bo alles en almal op aarde stel en
               nooit iets slegs van hom sal sê of suggereer nie, en nooit vir hom met iemand anders sal
               bespreek nie. Liefde as respek wil jou maat ondersteun ten opsigte van daardie kwaliteite wat
               waardering  uitlok  en  beteken  dat  jy  agting  het  en  bewondering  koester  vir  jou  maat  se
               voortreflikhede en vermoëns. Ten diepste is dit ’n respek vir jou maat se lewensbeskouings,
               norme en waardes wat opbouend en verheffend is. Liefde moet verheffend en opbouend
               wees,  sodat  man  en  vrou  mekaar  met  mooi  dinge,  edel  gedagtes  en  konstruktiewe
               lewenshoudings kan verryk. Die respek van die liefde hang nou saam met die estetiese aspek
               van die huweliksliefde. Dit wil sê: jy waardeer en bewonder die skoonheid van jou maat se
               liggaam en die uniekheid van sy/haar persoonlikheid en lewensoortuigings. Die gedagte is dat
               ek my maat se voortreflikhede sal bewonder en hom sal ondersteun ten opsigte van die
               kwaliteite wat hom uniek maak.

               Liefde as begrip beteken dat jy jou maat verstaan as ’n unieke persoon wat anders is as jy,
               met sy eie lewensruimte, reg tot spasie, opinie en belangstellings. Begrip is daardie vermoë
               om jou te plaas in die posisie van iemand anders om dan deur sy oë te kyk; deur sy hart te
               voel; deur sy gedagtes te dink. Dit is tipies soos die empaat van vroeër! Begrip hou rekening
               met die feit dat ’n man en ’n vrou as mense gelykwaardig is, maar dat daar 'n goddelike orde
               is  waarvolgens  kinders  van  God  mekaar  moet  bejeën,  maar  dit  beteken  ook  dat  ons  nie
               gelyksoortig is nie. Die man en die manswêreld is dikwels meer taak-georiënteer; direk fisiek
               in  die  liefdesverhouding;  onmiddellik  seksueel  gestimuleer;  logies-beredeneerd  in
               lewensbeskoulike sake. Die vrou en die vrouwêreld is dikwels meer intimiteit-georiënteerd;
               sterk meelewend en emosioneel in die liefdesverhouding; in die seksuele meer ingestel op
               waardering  en  persoonlike  kommunikasie;  diepsinnig  en  waardegerig  in  die  algemene
               lewensbeskouing..
               Liefde as begrip behels ook nugterheid wat verskille kan raaksien vir wat dit is, en probeer om
               deur te dring na die persoon daaragter. Liefde as begrip word ’n deernisvolle sensitiwiteit
               wanneer dit leer om te luister na die maat se sielsbehoeftes en probeer om sy gevoelens te
               begryp. Só ’n meelewende begrip vir jou maat mond vanself uit in tere sorgsaamheid. 'n Mens
               behoort jouself voortdurend in jou maat se posisie te plaas deur uit sy hart te probeer voel;
               deur sy ore te luister; deur sy oë na dinge te kyk. Ek is besorg oor my maat se welsyn en stel
               opreg belang.







               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    170
   165   166   167   168   169   170   171   172   173   174   175