Page 175 - Getroud met 'n Leuen
P. 175
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Die onegte toksiese sjarme, laat ander uiteindelik 'n gevoel van teleurstelling kry, en hulle
voel verneuk en verraai. Narsiste het nie verhoudings nie, hulle gebruik net mense. Hulle vals
sjarme verraai 'n onwilligheid en 'n totale onvermoë om met ander mense in 'n egte
verhouding te tree en dit normaal te laat groei. God se vereistes vir 'n leefwyse is die gee-
manier – die toksiet se leefwyse is die neem-manier. Die volwasse benadering tot die lewe en
huwelik is nie vir toksiese huwelike bedoel nie. Die Bybel beveel ook mans en vroue om op
seksuele gebied aan mekaar te gee. Dit is 'n wonderlike opdrag, maar in 'n toksiese
verhouding is die toksiet nie in staat tot normale seksuele omgang nie. Inteendeel, 'n toksiet
kan nie langer as 2 sekondes in iemand se oë kyk met liefde nie, want dit is die een ding wat
sy nie regtig kan vervals nie, en dit is liefde. 'n toksiet het net een ding lief, en dit is haarself of
homself. Enige ander emosie kan sy mimiek, namaak of vervals maar nie die liefdevolle kyk
vir 'n huweliksmaat nie. Dit is so, maar in 'n toksiese verhouding is al hierdie dade van om
liefde te wys, dade wat sy by
jou aangeleer het. Die
verstommendste ding is dat
narsiste totaal leeg is aan
empatie, maar narsiste het 'n
ongelooflike vermoë om met 'n
horde leë woorde, 'n milieu en
omgewing te skep waarin dit
lyk asof hulle uitdrukking van
omgee opreg bedoel word. Dit
is 'n feit, maar ook waansin. Dit
is een van die wapens in haar
arsenaal om jou te bedwelm en
te verlam en om die indruk na
buite te skep dat sy absoluut
normaal is. Maar juis omdat sy
jou emosies namaak, is dit haas
onmoontlik om dit sommer op
te tel as vals.
In sy kommentaar oor die
probleem van selfsugtigheid,
skryf Dr. John A. Schindler: “Die
enigste persoon wat in staat is
tot ware toegeneentheid, is die
persoon wat homself en sy eie,
onmiddellike belange kan vergeet terwyl hy die belange en welvaart van iemand anders
eerste plaas. Wanneer beide huweliksmaats dit kan doen, sal hulle geen huislike of seksuele
probleme ondervind nie” (How to Live 365 Days a Year, bl. 142). Vir 'n toksiet is dit plein
onmoontlik om van haarself te vergeet, sy is die spilpunt van die lewe. Die toksiet soek die
volgende eienskappe in haar slagoffer, en 'n slagoffer in die toksiet se wêreld is haar
huweliksmaat:
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 175