Page 182 - Getroud met 'n Leuen
P. 182
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
As 'n mens na die karaktereienskappe van beide narsiste en slagoffers kyk, kan die gedagte
dat baie van hierdie afwykings eintlik hulle oorsprong vind in die kinderjare, van beide die
toksiet en slagoffer, 'n mens nie ontglip nie. Die slagoffer, nes die narsis, kom in verskillende
kleure en geure. Die slagoffer kan ook 'n empaat wees, of 'n vennoot, of 'n eggenoot of
kombinasies van hulle. Net om seker te maak dat dit duidelik verstaan word, die vennoot of
eggenoot is in 98% van die gevalle die slagoffer van die narsis. Narsiste daarenteen kom in
baie geure voor, soos ekstrovert, introvert, histrionies, gewelddadig, ensovoorts maar dan is
daar verskeie kombinasies van die tipes wat weer 'n ander effek op die slagoffer het.
Maar die kinderjare van baie van hierdie mense speel 'n grootse rol in die uitkoms van wat
hulle word as volwassenes. Dit is opvallend dat beide empate en narsiste 'n produk is van
toksiese ouers of ook die produk van liefdeloosheid van ouers teenoor kinders, in hulle
grootword jare. Dit is 'n nare aanklag teen die mense van ons tyd. Ouers wat so vasgevang is
in hulle besige lewens, of hulle roekelose gejaag na geld, of roem of eer, maar wat dit ook al
is, dit is 'n aaklige aanklag teen ons en ons tyd. Iewers het ons die Here en sy Woord verloor
in ons lewe, dit wat Hy in sy Woord vir ons vertel en leer, het net nie meer die Goddelike
waarde nie. Lewenswaarde is 'n beter woord want ons ag God nie belangrik genoeg om
volgens sy Woord te leef nie. Nie net minag ons sy opdragte nie, ons offer ons kinders aan
hierdie afgode. As die kind nog so gelukkig is om relatief ongeskonde uit hierdie siek huwelike
te kom, is dit nie noodwendig dat hulle normale liefdevolle mense in gelukkige huwelike word
nie. Hulle is die ongelukkige mense wat slagoffers word van hierdie mislukte en letterlik
walglike huwelike waar daar geen sprake van liefde is nie. Die verwrongenheid van hierdie
verhoudings gaan selfs verder in dat die toksiet as relatief normaal binne die huwelik kan
voorkom, maar die slagoffer gaan deur 'n bose tyd, waar dit haas onmoontlik is om binne 'n
omgewing van wrede mishandeling, reg en geregtigheid te laat geskied teenoor kinders en
ander mense. Die toksiet maak daarvan baie seker, en die kinders is slegs bewus dat iets nie
reg is nie maar sal gewetenloos deur die toksiet gelei word om die verkeerde gevolgtrekkings
te maak.
Hoofstuk Twaalf: Die Here Is Jou Enigste Verlosser.
Hoe meer ons lees oor die ongelooflike skade wat narsiste in slagoffers se lewens veroorsaak,
hoe meer verstaan ons dat emosionele en geestelike verwoesting elke slagoffer op 'n ander
manier beskadig. Dit is 'n onbeskryflike waarheid dat die wreedheid van hierdie soort
mishandeling nie net ernstige geestelike skade aan slagoffers aanrig nie, maar dat 'n groot
persentasie van slagoffers hulle eie lewe neem en 'n nog groter persentasie poog om dit te
doen. Dit is vanweë die eensaamheid waaraan die slagoffers blootgestel word. Enersyds
omdat die toksiet dit opsetlik so beplan maar andersyds omdat mense oor die algemeen
onbewus is oor wat narsiste is en daarom nie slagoffers wil help nie of glo dat hulle hulp nodig
het nie OF selfs die sondebok maak. In Amerika en Europa is baie hulp in plek gestel vir
slagoffers van narsiste juis omdat die toksiese aanslag relatief onbekend is maar ongelooflik
skadelik is. Ook is dit daar 'n algemene feit dat die samelewing se onkunde dit haas
onmoontlik maak om gehoor te word selfs deur naby familie en die rede is bloot dat
versteekte narsiste is so gewetenloos dat dit wat hulle doen, nie deur die samelewing opgetel
word nie.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 182