Page 192 - Getroud met 'n Leuen
P. 192
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Die toksiet se eksterne, vervaardigde identiteit is gebou op leuens en ontkenning, en hy
verwag dat familielede sy weergawe van die "waarheid" sal aanvaar. Wat dit vir die toksiet se
lewensmaat en kinders beteken, is dat hulle hulleself in "teenoorgestelde kampe" bevind,
waar hulle vertel word (gewoonlik deur 'n reeks van manipulerings taktieke) dat "die
werklikheid" verskil van, of selfs die teenoorgestelde is, van wat hulle voel en waarneem.
Hierdie kenmerk van narsisme produseer 'n kognitiewe dissonansie in ander, wat 'n reuse
disoriënterings gaping skep tussen wat hulle waarneem en dit wat die toksiet sê gebeur het -
swart is ewe skielik wit, goed is ewe skielik sleg en vals is waar. Veral by jong kinders is
kognitiewe dissonansie uiters traumaties, wat kan lei tot selftwyfel en disassosiasie.
Komplekse posttraumatiese stresversteuring (K-PTSV; ook bekend as komplekse
traumaversteuring) is 'n sielkundige versteuring wat kan ontwikkel in reaksie op langdurige,
herhaalde ervaring van interpersoonlike trauma in 'n konteks waarin die individu min of geen
kans het om te ontsnap nie. K-PTSV hou verband met die traumamodel van
geestesversteurings en word geassosieer met chroniese seksuele, sielkundige, emosionele en
fisiese mishandeling of verwaarlosing, chroniese intieme vennootgeweld, slagoffers van
langdurige werkplek of skoolafknouery, van ontvoering en gyselaarssituasies, slagoffers van
slawerny en mensehandel, krygsgevangenes, konsentrasiekampoorlewendes, gevangenes
wat vir 'n lang tydperk in eensame inperking gehou word, en uitgewekenes van outoritêre
godsdienste. Dit 'n toestand wat algemeen voorkom in toksiese mishandelings slagoffers,
sowel as in mense met patologiese narsisme. KPTSV sluit 'n wye verskeidenheid van die
afbrekende simptome in, insluitend 'n paar of al die volgende versteurings:
✓ hiper-waaksaamheid;
✓ algemene vrees, angs en aggressie;
✓ om oor te reageer;
✓ slapeloosheid;
✓ nagmerries en/of nagvrees;
✓ self-isolasie;
✓ probleme om te vertrou;
✓ selfvernietigende gedrag; en
✓ afbrekende gedagtes.
In die psigo-analitiese teorie, 'n verdedigings meganisme waarin 'n feit ‘n persoon in die gesig
staar wat te ongemaklik is om te aanvaar en dan die feit verwerp of daarop aandring dat dit
nie waar is nie, ten spyte van wat oorweldigende bewyse mag aandui. Aanvanklike
korttermyn ontkenning kan 'n goeie ding wees, dit gee jou tyd om aan te pas by 'n pynlike of
stresvolle kwessie. Dit kan ook 'n voorloper wees om 'n soort verandering in jou lewe te maak.
Maar ontkenning kan ook skadelik wees; as ontkenning voortduur en verhoed dat jy
toepaslike aksie neem, is dit 'n skadelike reaksie. Dit is 'n kompulsiewe kenmerk van narsisme,
waardeur die toksiet opsetlik glo of voorgee dat traumatiese gebeure of omstandighede nie
bestaan nie, of nie gebeur het nie, selfs wanneer dit met bewyse tot die teendeel aangebied
word.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 192