Page 196 - Getroud met 'n Leuen
P. 196

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Verlore Kind: Dit is 'n kind wat die familie se narsisme hanteer deur min aandag, positief of
               negatief, op homself te vestig, onder die radar te bly en min eise te stel.

               Toksiese besering. Dit was eens tegniese sielkundige jargon van Sigmund Freud om te verwys
               na 'n bedreiging vir of aanval op die toksiet se ego deur iemand anders. Die besering vind
               plaas as gevolg van 'n versuim om die ideale beeld wat die toksiet van homself of haarself het,
               terug te kaats as die werklikheid vir ander om dit so te sien. Met ander woorde, die toksiet se
               masker het gegly en iemand het die ware toksiet agter die masker te siene gekry. Die term
               het nou 'n algemene term geword wat in die aanlyn   toksiese mishandelingsgemeenskap
               gebruik word om te beskryf wat gebeur wanneer 'n persoon iets sê wat 'n toksiet as kritiek
               van toepassing op homself beskou. Narsiste kan kritiek nie duld nie, want dit daag sy vals
               geloofwaardigheid uit.

               Toksiese woede is 'n sielkundige boublok wat 'n reaksie op  toksiese besering beskryf , wat
               gekonsepsualiseer word as 'n vermeende bedreiging vir 'n narsis se selfbeeld of selfwaarde.
               Toksiese litteken is 'n frase wat in die 1920's deur Sigmund Freud gebruik is;  toksiese wond
               en  toksiese hou is verder, byna uitruilbare terme. Die term  toksiese woede is in 1972 deur
               Heinz Kohut geskep.

               Die model onderliggend aan die boublok dui daarop dat  toksiese litteken plaasvind wanneer
               'n toksiet voel dat hulle verborge, "ware self" geopenbaar is. Dit kan die geval wees wanneer
               die toksiet van haar troontjie afval, soos wanneer hulle verborge gedrag of vals motiverings
               geopenbaar  word,  of  wanneer die belangrikheid  daarvan  in  twyfel  getrek  word.  Toksiese
               beserings is 'n oorsaak van nood en kan lei tot eskalering van wangedrag soos in  toksiese
               woede.

               Individue  met  Toksiese  persoonlikheidsversteuring  kry  tipies  ongevraagde  emosionele
               beserings  (toksiese  besering)  gedurende  hulle  vroeë  jare  wat  inmeng  met  die  gesonde
               ontwikkeling  van  'n  stabiele  identiteit,  selfbeeld  ontwikkeling,  en  emosionele  empatie.
               Voorwaardelike of swak kinderversorging as gevolg van die verlies van een of meer ouers,
               verwerping, mishandeling, misbruik, verwaarlosing, of oor besitlikheid ten opsigte van ‘n ouer
               (of  'n  morsige  mengsel  van  al  hierdie  dinge)  en  'n  moontlike  genetiese  geneigdheid  is
               vermoedelik aan die wortel van  toksiese beserings, wat lei tot fundamentele gevoelens van
               waardeloosheid.

               Toksiese persoonlikhede reageer dikwels met woede wanneer hulle onderliggende gevoelens
               van kwesbaarheid en skande geaktiveer word. Hulle is geneig om selfs met klein dingetjies
               oorboord te gaan; dinge wat die meeste mense maklik sou laat verby gaan, beleef hulle as
               intens  vernederend.  Wanneer  dit  gebeur,  word  hulle  gefabriseerde  "perfekte"  self  en
               oordrewe  gevoel  van  geregtigheid  bedreig,  dan  word  'n  wilde  woede  reaksie  geaktiveer.
               Toksiese woede is skrikwekkend, soms fisies gewelddadig, en ver buite normale woede. Dit
               is emosioneel en fisies traumaties vir diegene aan die ontvangkant, veral kinders, wat hulleself
               natuurlik blameer vir volwassenes se reaksies.

               Die toksiet se voorraad bestaan uit primêre bronne en sekondêre bronne. Die primêre bron
               is gewoonlik iemand soos ‘n lewensmaat. Om so ‘n bron te bekom, sal die toksiet ‘n potensiële
               bron identifiseer en hom of haar nader. Narsiste het die vermoë om ander mense baie goed



               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    196
   191   192   193   194   195   196   197   198   199   200   201