Page 197 - Getroud met 'n Leuen
P. 197

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               te lees. As die toksiet aas uitsit in die vorm van inligting aangaande die toksiet se vals front,
               en die potensiële bron (slagoffer) gebruik die aas deur die toksiet van positiewe  toksiese
               voedsel te voorsien, dan weet die toksiet hier is ‘n slagoffer wat die moeite werd is om te
               probeer  vang.  Positiewe    toksiese  voedsel  is  verering,  aanbidding,  goed  laat  voel,
               komplimente, ensovoorts. Dit kom daarop neer dat die slagoffer moet die toksiet bewonder
               vir watter valse inligting die toksiet ook voor die neus van die slagoffer gewaai het. As die
               toksiet dan ook nog aanklank vind by die slagoffer is dit feitlik ‘n uitgemaakte saak dat die
               verhouding gevestig gaan word.

               Sekondêre  toksiese aanbod behels die voorhou van die beeld dat hulle 'n goeie lewe leef ('n
               waardige bron  van  trots  vir  die narsis), die  handhawing  van  'n  veilige bestaan  (finansiële
               sekuriteit,  persoonlike  aanvaarbaarheid,  opwaartse  groei),  en  die  verkryging  van
               kameraadskap. Mense met  toksiese persoonlikheidsversteuring steun emosioneel op ander
               om hulle gevoel van identiteit te onderhou (voed) en hulle selfbeeld te reguleer. Hulle kry
               hulle  toksiese voorraad (kos) óf deur ander te idealiseer en na te volg (emuleer) of deur hulle
               meerderwaardigheid op ander af te dwing of om ander as niks af te maak. Enigiemand wat
               hulle kan manipuleer — 'n eggenoot, vennoot, kind, vriend of kollega – is 'n potensiële bron
               van voorraad. Sonder verskaffers (slagoffers) is narsiste leë velle. As 'n bron van voorraad
               padgee, kan hulle probeer om hom terug in te suig en / of moet hulle vir ander bronne soek.

               ‘n Toksiet is verlore sonder toksiese voorrade. Hulle het voorraad nodig soos plante en diere
               water nodig het. Voorraad behels aandag, bewondering, respek, aanbidding en selfs angs.
               Sonder hierdie lewens noodsaaklike lewegewende kos, sal die toksiet totaal disfunksioneel
               word.

               Verwaarlosing  is  'n  passiewe  vorm  van  mishandeling  waarin  versorgers  die  emosionele,
               sielkundige en/of fisiese behoeftes van hulle afhanklike(s) ignoreer. Dit kan wissel van om nie
               voldoende kos of skuiling te verskaf nie tot die versuim om liefde, toesig of beskerming te gee
               en te bied.

               Geen kontak: Mense wat deur 'n toksiet misbruik is, mag besluit om hulle bande heeltemal
               met daardie persoon te verbreek. Tipies, mense wat besluit om ‘Geen Kontak” te gaan het
               hulle  eie  lewensgrense  erg  of  traumaties  laat  skend  en  uiteindelik  swoeg  hulle  om  alle
               kommunikasie  met  die toksiet  af  te  sluit.  Vir  volwasse  kinders  van  narsiste,  is die  ‘geen
               kontak’ ‘n diep traumatiese en pynlike keuse wat moet plaasvind want dit is 'n kwessie van
               oorlewing ten einde die siklus van seer te breek en om te probeer om genesing te vind. Die
               oorgaan tot ‘geen kontak’ deur ‘n volwassene, veral van 'n ouer, is moeilik om te verduidelik
               aan mense wat nie narsisme en die verwoestende gevolge van so verhouding verstaan nie,
               en dit mag slagoffers verder isoleer.


               Mense met NPD ly aan 'n onvermoë om in reële tyd 'n bewustheid van algehele positiewe
               gevoelens en vorige positiewe ervarings met mense in hulle lewens te handhaaf wanneer
               hulle op een of ander manier teleurgestel word of seergemaak word. Wanneer dit geaktiveer
               word, stort die toksiet se kontinuïteit van persepsie in duie en verander na ‘n ‘in hierdie
               moment reaktiewe emosie’. Byvoorbeeld, as ‘n toksiet se kind vergeet om 'n takie te doen,
               kan die  toksiese ma woedend word en hom/haar straf, aangesien die gedrag so opsetlik of




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    197
   192   193   194   195   196   197   198   199   200   201   202