Page 152 - Getroud met 'n Leuen
P. 152

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Hulle is soos honger leeus, gretig om u kind te verskeur,
               soos jong leeus wat wegkruip en wag vir hulle prooi.
               Verhoor u kinders, Here!
               Help u kinders teen die sonde en verdryf die versoekings!
               Red my van ongelowiges wat my met geweld wil verlei!
               Laat u groot genade my verlos,
               Here, van die mense wat aardse goed najaag.
               As hulle hulle nie bekeer nie,
               dan sal hulle u volle straf ontvang,
               en as hulle kinders en kleinkinders
               ook hierdie pad loop, sal hulle dieselfde lot teëkom.
               Maar omdat ek u vergifnis ontvang het,
               sal ek eendag u woning betree.
               Wanneer my siel hierdie aarde verlaat, sal ek in u huis
               ‘n woonplek kry.

               Hoofstuk Tien: Die Huwelik Met Die Kerk.

               Hoe Lyk Ons Huwelik Met Die Kerk As Liggaam Van God.
               Die eerste keer dat die Bybel van die woord kerk praat, is in Mat 16:18 waar Jesus vir Petrus
               sê dat hy die rots is waarop Hy sy kerk sal bou en daarmee saam sê Jesus dan hierdie uiters
               belangrike woorde “..en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie”.

               Natuurlik was daar die tabernakel en die tempel baie, baie vroeër in die geskiedenis. God het
               dit immers so belangrik geag dat hy die fynste van details vir die tabernakel uitgespel het.
               Later sou Hy dieselfde doen met die tempel in Jerusalem. In beide van hierdie opsette, maak
               Hy dit baie duidelik dat Hy, God, in daardie strukture gaan woon. Wie is ons as mense dan om
               te besluit dat die Kerk nie meer belangrik is nie?

               Wie En Wat Is Die Kerk Soos Gebou In Die Bybel

               As ons teruggaan in die Bybelse geskiedenis, dan moet ons so ver teruggaan soos toe die
               Israeliete in die woestyn geswerf het. Daar is drie belangrike aardse dinge wat die Here vir sy
               volk gegee het. Dit was kwartels, manna en die tabernakel. Sekerlik het die Here geweet wat
               se ongelooflike ongerief dit vir daai mense was om elke dag op te pak en verder te trek en
               dan vanaand weer af te pak. Waarom sou Hy hulle laste dan swaarder maak deur hulle te
               verplig om die tabernakel ook saam te dra en dan was daar nog die ark ook. Vir seker sal ons
               dit nie vandag doen nie, dit is net te veel moeite. In Moses se tyd, nadat die tabernakel opgerig
               is vir die eerste keer, het die almagtige God soos 'n wolk oor die tabernakel gehang, so erg
               dat Moses nie kon ingaan nie.


               Die tabernakel het die Here se volk vergesel van vroeg af nadat hulle die woestyn ingetrek
               het. Die Here het nie net die besonderhede van die tabernakel gegee nie, Hy het daarin
               gewoon. Dan lees ons hoe die Here die opdragte gee oor hoe daar na die tabernakel omgesien
               word. In die fynste besonderhede gee die Here die aanwysings, en daar is erns daarin want
               ongemagtigde mense kon sterf as hulle te naby kom. Dit is dieselfde God wat vandag oor ons




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    152
   147   148   149   150   151   152   153   154   155   156   157