Page 141 - Getroud met 'n Leuen
P. 141
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
In die bergpreek het Jesus ‘n goddelike volgorde daar gestel wat nie verander kan word nie!
Hy sê: “Soek eers God se Koninkryk en Sy geregtigheid en dan sal al hierdie dinge jou
toegevoeg word”. Meeste van ons lees hierdie gedeelte agterstevoor. Ons wil alles hê wat die
wêreld ons kan bied en dan sal ons God soek. Maar dis nie hoe dit werk nie. Jy kan God nie
tweede of derde of tiende soek en dan van Hom verwag om jou die begeertes van jou hart te
gee nie. Godsbegeertes. Om God eerste te soek is om jouself in Hom te verheug. Om God
eerste te soek is om Hom die eerste en laaste woord in jou lewe te gee en om God eerste te
soek is om seker te maak dat God se STEM die hardste stem in jou lewe is. Apostel Paulus sê:
“ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref
alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat
ek Christus as enigste bate kan verkry”. Slegs dan sal God met ons in die taal van begeertes
praat. Hy sal ons begeertes verander na sy wil, nuwe begeertes gee en hulle sterker maak.
Die begeertes word geestelike kompasse wat ons gebruik om die wil van God in ons lewe te
navigeer.
Plesier is nie ‘n slegte ding nie. Dit is ‘n gawe van God. Wanneer het ons begin glo dat God
ons na plekke stuur waar ons nie wil wees nie en waar ons moet doen waarvan ons nie hou
nie. Verseker is dit waar dat om Sy kruis op te neem vereis opoffering. Maar as ons ons in God
verheug, dan sal God ons die begeerte gee om te doen waartoe Hy ons roep, maak nie saak
hoe moeilik dit is nie. Baie van ons weet nie wat ons wil hê nie want ons offer ons begeertes
op die altaar van ander mense se verwagtinge. Ons skik vir “moet nog of moes”. Ons skik vir
“sal nog” in stede van “ek sal en wil”. Die stem van die mense naaste aan ons wat gevul is met
hulle siening van die lewe en hulle siening van hoe jy moet leef en hulle siening van hoe jou
Christenskap moet lyk en hulle siening van wat reg en goed is en hulle onvermoë om God se
doel in en met elke mens as ‘n Heilige reg te beskou, is ‘n geraas wat ons doof maak vir God.
En dan wonder ons waarom ons nie die vreugde van die ons Here ervaar nie. In meeste gevalle
kom die samelewing, die super ego en die eie belang vêr bo God. As ons al hierdie geraas nie
uitsluit en verban nie, dan word dit die hardste stemme in ons lewens.
Die samelewing bombardeer ons met duisende boodskappe elke dag. Dit is advertensieborde,
advertensies, selfoon advertensies, sosiale media, mense, en dit is maar die tip van die ysberg.
Die superego het altyd die hardste stem, om beter as ander te wees, om jou wil af te dwing,
om nie te luister nie, om die belangrikste in alles te wil wees, en eie belang deel in al die goed
wat jou die stem van God nie laat hoor nie. As jy bly luister na hierdie stemme van die wêreld
en nie doelbewus hierdie stemme verruil vir die stem van God nie, dan sal jy nie die stem van
God kan hoor nie, en Sy wil nie kan doen nie. As ons iets soek om te doen, is die stem wat ons
die meeste na moet soek die stem van ons eie blydskap al is dit dalk die stem wat ons dink
ons die minste na moet luister. As dit iets is wat ons regtig bly maak, dan is dit ‘n goeie ding
en dan is dit jou ding. Dit sal dan gewoonlik moontlik God se ding vir jou wees. Die lewe is te
kort om nie dit wat jy doen, ook van te hou en te geniet nie. Wat dan nou as die toksiet hierdie
dinge as die vyand van die lewe sien? Hoe kom ons uit by 1Kor 7:15 sê “God het julle geroep
om in vrede te lewe!”
I Kor 7:29 - Ek bedoel dít, broers: die tyd is min. Van nou af moet dié wat getroud is, leef asof
hulle nie getroud is nie;
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 141

