Page 136 - Getroud met 'n Leuen
P. 136

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


                Ons ‘doen’ is om doelgerig en daadwerklik ons tong in toom te hou, om ons eiewaan te verruil
               vir nederigheid, ons selfsug te ruil vir liefde vir ander, ons gedagtes en handelinge deurentyd
               te toets aan die Bybel, ons hele doen en late voltyds aan die Here te wy sonder om gedurig
               na aardse goedkeuring te soek, ons lewens om die Here te weef en nie te doen wat ons dink
               ander sal beïndruk nie, of erger nog wat ons dink ander van ons verwag nie.

               Ons het almal ’n verwysingsraamwerk. Die verwysingsraamwerk het ‘n ankerpunt, en of ons
               dit doelbewus gebou het of nie, die ankerpunt is die punt waardeur ons die lewe meet en
               beoordeel. Dit bepaal ons morele beginsels, die grense tussen reg en verkeerd. Vir party
               wapper dit tussen gister en vandag se modes, vir ander is dit so vas soos ‘n rots. Vir ‘n kind
               van die Here is dit so getoets en waar soos die Bybel. Die Bybel is nie net enige Beginpunt nie,
               dit is die finale gesag wanneer dit kom by geloof en beginsels. Die Bybel is die geïnspireerde
               Woord van God - Waarheid met ‘n hoofletter W. Die Begin en die Einde en alles tussen in.

               Die uitdaging is dat ons lewe in ‘n kultuur waar toegee verhewe is bo die waarheid, maar dit
               is nie wat God van sy kinders verwag nie. Dit word vandag verkeerd geag om te sê iets is
               verkeerd. Ons wil sekerlik meer onthou word vir dit waarvoor ons staan as wat ons onthou
               wil word vir dit waarteen ons is. Maar om te dink almal is reg en niemand is verkeerd nie is so
               eenvoudig as om voor te gee dat almal wen en niemand verloor nie. As die waarheid geoffer
               word op die altaar van toegee, dan mag dit dalk lyk of almal wen maar in werklikheid verloor
               almal. God roep ons tot ‘n hoër standaard as om voltyds toe te gee, dit is om voltyds 'n leuen
               te  leef.  Dit  word  die  waarheid  genoem  en  dit  word  altyd  aan  genade  gekoppel.  God  is
               waarheid.

               Genade beteken “ek is lief vir jou ongeag wat”

               Waarheid beteken “ek sal eerlik met jou wees ongeag wat”

               Meeste van ons hou van boeke, maar daar is een boek wat in ‘n klas van sy eie val, die Bybel.
               Ten minste twee dinge maak die Bybel uniek. Eerstens is die Bybel “lewend en aktief “. Ons
               lees  nie  net die  Bybel nie;  die  Bybel  lees ons. Die  Heilige  Gees  wat die  antieke  skrywers
               geïnspireer het soos hulle skryf, is dieselfde Gees wat vandag se mense inspireer wat dit lees.
               Die Heilige Gees is aan beide kante van hierdie grootse Werk, die skryf kant en die lees kant.
               Dit is dieselfde Gees wat vandag nog dieselfde wysheid uitasem wat ons elke keer inasem as
               ons die Woord lees, of as ons die Bybel lees dan asem ons in wat die Heilige Gees uitgeasem
               het duisende jare gelede. Ons hoor die gefluister van God in asemteue.

               Tweedens, ons kom nooit tot die bodem van die Bybel nie. Elke Bybelse woord het tientalle
               gesigte en honderdduisende betekenisse. Met ander woorde, dit is kaleidoskopies. Maak nie
               saak hoeveel keer ons die Bybel lees nie, dit word nooit oud nie omdat die Bybel tydloos en
               huidig of ‘nou’ is. Die Bybel was geskryf deur meer as veertig skrywers oor ‘n tydperk van
               vyftien  eeue  in  drie  tale  en  oor  drie  kontinente.  Die  skrywers  het  gestrek  van  boere  en
               vissermanne tot konings, profete en gevangenes. Dit dek elke denkbare onderwerp onder die
               son: die reg, die wetenskap, die geskiedenis, taal en poësie, profesie, kosmologie en teologie.
               En ten spyte daarvan dat dit duisende onderwerpe aanraak, weerspreek die Bybel homself
               nooit. Inteendeel, die Bybel lees soos een boek van begin tot einde. En dit is omdat daar slegs
               een skrywer was, die Heilige Gees. Ons neem die Bybel as van self sprekend, maar ons moet



               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    136
   131   132   133   134   135   136   137   138   139   140   141