Page 138 - Getroud met 'n Leuen
P. 138
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Die beste manier om die Bybel te lees is volgens ‘n plan. Lees totdat jy ‘n vers kry wat jou laat
dink. Partykeer is die teks verwarrend en moet mens addisionele navorsing doen. Partykeer
spreek ‘n vers jou aan sodat jy moet bely en vergifnis vra. En partykeer spreek die vers in jou
gees in en moet jy spesifiek luister na die Heilige Gees. Mens moet ook versigtig wees om nie
die Bybel te ligtelik te hanteer en net die Bybel oopslaan en hoop hy val by die regte plek oop
nie. Hoe dit ook al sy, bly in God se Woord sodat sy Woord in jou kan kom. Dan kan die Heilige
Gees jou lewe/gees vernuwe wanneer en waar en hoe Hy wil.
C.S Lewis het gevra: “Kan ‘n mens iets vra wat God nie kan antwoord nie?”. Verseker, sou
mens kon dink. Enige nonsens vraag is onantwoordbaar, maar die eintlike bedoeling was of
ons die verkeerde vraag of vrae aan God kan vra. Dit is moontlik, want ons het so ‘n klein en
noue verwysingsraamwerk wanneer dit kom by die Heilige. Ons kan nie die regte vraag vra
nie omdat ons so klein dink en omdat geloof so groot rol speel. Die Woord van God is langer
as die langste geheue en sterker as die sterkste verbeelding. Dit is ook dieper as die diepste
deel van die brein. Daarom sê die Psalmis: “U woord het ek in my hart gebêre, sodat ek nie
teen U sal sondig nie”.
PITKOS 119:1-16*
U gebooie het ek lief
Geseënd is hulle wat volgens u wil lewe,
wat leef volgens die waarheid van u Woord.
Geseënd is hulle wat na die waarskuwings van u Gees luister,
en U met volle oorgawe dien,
nie sonde doen nie en volgens u wil die lewenspad bewandel.
U het ons opdrag gegee om u Woord noukeurig te onderhou.
Mag my lewe op aarde voortdurend weerspieël dat ek
u Woord onderhou.
Dan sal ek nie in sonde verval as ek net my oë
op u verordeninge hou nie.
Wanneer ek u Woord bestudeer, wil ek U loof met ’n opregte hart.
U verordeninge sal ek nakom;
moet my asseblief nie verlaat nie!
Bet
Hoe kan ’n jongmens ’n skoon lewe lei?
Deur sy lewe te rig volgens u Woord.
Met my hele hart soek ek U; moenie dat ek afdwaal van u Woord nie.
Ek het u woord in my hart gebêre sodat ek nie teen U sou sondig nie.
Geseënd is U, o Here; leer my u voorskrifte.
Die verordeninge uit u mond het ek met my lippe bekendgemaak.
Soos ’n mens bly is oor rykdom het ek my verlustig
in die waarheid van u Woord.
Ek wil oor u Woord nadink en u wil in my lewe gehoorsaam.
Ek sal u wil in my lewe uitleef en dit vir altyd gehoorsaam.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 138