Page 137 - Getroud met 'n Leuen
P. 137
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
onthou dat daar mense was wat ‘n leeftyd gewy het aan die skryf van een boek in die Bybel
Of ‘n leeftyd om dit in ons taal te vertaal. ‘n Goed gebruikte Bybel is gewoonlik bewys van ‘n
goed geleefde lewe!
Teoloog J.I Parker het so vêr gegaan om te sê dat elke Christen wat sy sout werd is, behoort
die Bybel een keer ‘n jaar deur te lees. Meeste van ons kom kort op die stelling maar dit is iets
om oor te dink. Die doel is egter nie om deur die Bybel te kom nie; die doel is om die Bybel
deur en in ons te kry. Die Bybel sigself is nie die “einde” nie, dit is ‘n hulpmiddel tot ‘n doel.
Agter alles, Bybelse kennis het soms ‘n geneigdheid om op te pof. Die doel hier is om te leer
om God se stem te onderskei en om daarop te reageer in jou elke dag se handel en wandel
en om bowenal te groei in jou verhouding en intimiteit met jou Vader.
Moenie ‘n fout maak nie, die Bybel kan ook misbruik word en selfs verkrag word. ‘n Mens
hoef nie verder as die duiwel te kyk nie, wat die Bybel gebruik om vir Jesus te versoek en wat
dit beslis elke dag gebruik om ons te versoek. Dink net hoe maklik is dit nie vir onsself om net
‘n ietsie aan ‘n vers of ons gewete te verander om ons te pas nie. En soms gebruik ons die
waarheid op so manier dat ons ander kan boelie. Ja, die Bybel is ons swaard. Dit is ons beste
aanval en ons beste verdediging. Maar wanneer ons die waarheid misinterpreteer, dan
misbruik ons die Bybel. Onthou hoe Jesus, toe Hy deur Satan versoek is, deur die Woord reg
te gebruik gesê het “’n mens kan van brood alleen nie lewe nie”.
As ons die Woord van God nie reg gebruik nie, dan verkrag ons die liggaam van Jesus. En dit
is die teenoorgestelde van heiligheid, wat beteken “heel”. ‘n Mens kan ook sê dat die Heilige
Skrif minus die Heilige Gees is plein net Boeklees. As ons die Heilige Gees uit die vergelyking
haal, dan het ons slegs die letter van die skrif oor. En die letter van die Skrif het geen lewe om
te gee nie, dit is presies wat met die Fariseërs gebeur het, die letter van die wet het meer
beteken as die Skrif self. Een van die werke van die Heilige Gees is om weer op te wek of te
laat herleef en dit is die verskil tussen informasie en transformasie. Net die Heilige Gees kan
‘n klein herlewing in ons laat plaasvind elke keer as ons Bybel lees. Hy laat drome herleef. Hy
laat geloof, hoop en liefde herleef. Hy laat beloftes herleef waarop ons opgegee het.
As ons in Christus is, dan behoort al God se beloftes aan ons. Elke belofte het jou naam
daarop, en die Heilige Gees sal verskillende beloftes op verskillende tye in jou laat bewaarheid
word. Dit is een van die maniere waarop God fluister. As God terugkeer aarde toe, sal God
ons aardse liggame laat herleef. Liggame wat ses voet onder die aarde begrawe is, sal
opgediep word, die wat veras is, sal her-materialiseer. Maar Hy laat herleef in meer as een
manier. Partykeer is dit ‘n gedagte wat deur jou gedagtes skiet. Partykeer is dit ‘n drang om
op te staan, in te stap en iets te doen of ‘n tree in geloof te gee. Partykeer is dit om die regte
woord op die regte tyd te gee. En partykeer is dit ‘n vers wat van die Bybel in jou gees spring.
Die Psalmdigter het gesê: “Herleef U in my volgens U Woord”. Die woord ‘herleef’ word elf
keer in Psalm 119 herhaal. As die Bybel iets meer as eenkeer herhaal, dan behoort ons meer
as een keer te luister vir wat dit sê. Die herlewing van die Heilige Gees is soos ‘n waarheidsbom
wat in jou gedagtes geplant word, in jou hart en in jou gees. As jy sy Woord verskans in jou
hart, sal jy nie weet op watter oomblik die Heilige Gees die bom sal laat afgaan nie. En dit is
‘n goeie ding!
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 137