Page 140 - Getroud met 'n Leuen
P. 140

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Dit is baie moeiliker om die stem van God te hoor as om maar net die Bybel te lees. Dit vat
               meditasie,  gebed  en  die  bepeinsing  van  die  Woord.  En  dit  is  gewoonlik  wanneer  ons
               doelbewus stadiger beweeg omdat ons deegliker op ons bybellees pad gaan dat die Heilige
               Gees ons hernu. “Christenskap is nie regtig getoets en te lig bevind nie”, sê G. K Chesterson
               maar “ware Christenskap is te moeilik bevind en daarom laat vaar”. Jy kan al die dinge doen
               soos mediteer, bid, verteer Maar as jy dit nie doen en leef nie, is dit alles verniet. Jy moet dit
               LEEF.

               Wat sal gebeur as ons die hele Bybel leef en nooit ongehoorsaam aan die Woord is nie? Wel
               die Here se koninkryk sal kom en Sy wil sal geskied. Dit is wat gebeur as hoorders van sy
               Woord, doeners van sy Woord word!!

               Wat is die sin om te probeer wees wie jy nie is nie? As jy daarin slaag, dan is jy wie jy nie is nie
               EN jy is nie wie jy werklik is. Jy is dan nie die mens wie God geskep het nie en ook nie die mens
               wat hy bestem het nie. Dit is nie ‘sukses behaal’ nie, dis om te faal. En dit is beter om te faal
               met iets waarvoor jy lief is as om sukses te behaal met iets wat jy haat. En dit begin met die
               verstaan van ons geestelike begeertes – “Vind vreugde in die Here en Hy sal jou gee wat jy
               begeer”.  Begeertes  het  meesal  ‘n  negatiewe  konnotasie,  C.  S  Lewis  het  geskryf:  “Ons  is
               halfhartige wesens, mors rond met drank, seks, ambisie, aardse plesier terwyl daar eindelose
               Plesier aan ons ge-offer word deur God: Volgens hom vind die Here nie ons begeertes te sterk
               nie, maar te swak! Party begeertes is sonde, en diesulkes moet afgesweer word, maar die
               goeie begeertes wil God seën, hy wil hulle laat herleef, meer maak en tot Sy eer gebruik.

               Ses keer in Genesis staan die Here terug van Sy skeppinge af en bewonder dit en sien dat dit
               goed is. Dit is God se eerste reaksie op sy skepping. Dit is die eerste aangetekende emosie
               wat deur God uitgedruk is. Die woord goed in Hebreeus is tob. Dit is vreugde ongekend!
               Suiwer plesier! God geniet wat hy doen, en hy wil niks minder vir ons hê nie. Hy wil hê dat ons
               ook vreugde in sy skepping sal vind. Hy wil hê dat ons vreugde in mekaar sal vind. Bo als, wil
               Hy hê dat ons vreugde in hom sal vind. Die Westminster Kategismus se eerste reël sê: “Die
               mens se belangrikste doel is om God te dien en prys, en om vreugde in Hom te vind” Dit is
               maklik  om  die  eerste  gedeelte  te  onderskryf,  maar  vir  die  tweede  helfte  begryp  ons  nie
               naastenby die grootsheid daarvan nie. Hoeveel geniet jy God? Geniet jy Sy Woord? Geniet jy
               Sy teenwoordigheid? Geestelike dissipline begin by dissipline, maar een of ander tyd moet dit
               verander in begeertes as jy jouself in die Here wil verheug.
               Batterson sê as jy weet hoeveel vreugde jy in God vind, weet jy ook hoe geestelik volwasse jy
               is. Die laaste ding wat God wil hê is vir Sy Woord om soos werk te voel en om waardeloos te
               wees. Lees jy dit vir genot? As jy geen plesier in die Woord kry nie, dan lees jy dit verkeerd.
               Partykeer spreek sy Woord ons aan oor sonde wat ons moet bely, wat God dan vergeef in sy
               Groot  Genade.  Dit  ly  altyd  tot  groter  vreugde.  Om  God  te  gehoorsaam  IS  ons  grootste
               vreugde, ons hoogste voorreg. Om God lief te hê met al ons krag vereis werk, maar dit behoort
               ‘n werk van liefde te wees. Die impak en die verwagting deur God van die opdrag van God om
               hom lief te hê met ons hele hart en verstand en met al ons krag word deur min mense werklik
               begryp.







               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    140
   135   136   137   138   139   140   141   142   143   144   145