Page 126 - Getroud met 'n Leuen
P. 126
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Waarom Bly Slagoffer Binne Toksiese Verhoudings?
Daar is baie redes waarom slagoffers in 'n toksiese verhouding bly. Statistieke toon dat
slagoffers van geweld 'n gemiddeld van tot sewe aanvalle per jaar verduur. Vir slagoffers in ‘n
toksiese verhouding kan die emosionele mishandeling feitlik permanent aanwesig wees. Die
hoof rede is afhanklikheid: Beheer deur die narsis, skande oor die mishandeling, en die
disfunksionele aard van die verhouding verlaag die slagoffer se selfbeeld en vertroue. Dit
veroorsaak dikwels dat die slagoffer aan vriende en familie onttrek, wat nog meer vrees en
afhanklikheid van die toksiet skep. Die mishandeling self word ervaar as 'n emosionele
verwerping met die bedreiging om verlaat te word. Dit skep gevoelens van skaamte en daar
is ook verhoogde vrees dat die mishandeling sal toeneem of die eensaamheid sal verhoog en
dit skep groter verlatenheid by die slagoffer. Die siklus is eindeloos van meer mishandeling en
alleenheid in die slagoffer, tot die verligting wat kom as die toksiet kortstondig opmaak en
dan begin die siklus van voor af. Die slagoffer hoop die misbruiker/molesteerder sal verander.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 126