Page 128 - Getroud met 'n Leuen
P. 128

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Natuurlik is huishoudelike mishandeling nie beperk tot geweld nie. Emosionele en verbale
               mishandeling kan net so skadelik wees. As 'n man, kan jou eggenote die volgende doen:

                   •  Misbruik jou verbaal, verkleineer jou, of verneder jou voor vriende, kollegas of familie,
                       of op sosiale media.
                   •  Is besitlik, tree jaloers op, of teister jou met beskuldigings dat jy ontrou is.
                   •  Neem jou motor se sleutels weg of jou medikasie, ook probeer hulle om jou te beheer
                       oor waar jy mag gaan en wie jy mag sien.
                   •  Probeer om jou geldsake te beheer of hoe jy jou geld spandeer of hulle kan doelbewus
                       wanbetaling maak op gesamentlike finansiële verpligtinge.
                   •  Maak valse bewerings oor jou aan jou vriende, werkgewer of die polisie, of vind ander
                       maniere om jou te manipuleer en te isoleer.
                   •  Dreig om jou te verlaat en te verhoed dat jy jou kinders sien as jy die mishandeling
                       rapporteer.

               As 'n mishandelde man, kan jy 'n tekort aan hulpbronne in die gesig staar, 'n gebrek aan begrip
               van vriende en familie, en wetlike struikelblokke, veral as jy probeer om bewaring van jou
               kinders te kry van 'n gewelddadige ma. Wat ook al jou omstandighede, jy kan egter hierdie
               uitdagings oorkom en die geweld en mishandeling ontsnap.

               Waarom mans nie gewelddadige verhoudings verlaat nie.

               Ongeag geslag, die beëindiging van 'n verhouding, selfs 'n gewelddadige een, is selde maklik.
               Dit word selfs moeiliker as jy geïsoleer is van vriende en familie, gedreig, gemanipuleer en
               beheer word, of fisies en emosioneel platgeslaan word.

               Jy mag voel dat jy in die verhouding moet bly, want:

                   •  Jy voel skaam. Baie mans ervaar groot vernedering dat hulle mishandel word, nie in
                       staat was om op te staan vir hulleself, of op een of ander manier misluk het in hulle
                       rol as die manlike figuur, man of pa.
                   •  Jou godsdienstige oortuigings dikteer dat jy bly of jou eiewaarde is so laag dat jy voel
                       hierdie gewelddadige verhouding is al wat jy verdien.
                   •  Daar is 'n gebrek aan hulpbronne. Baie mans is bekommerd dat hulle sukkel om deur
                       die owerhede geglo te word, of dat hulle mishandeling geringskat sal word omdat
                       hulle manlik is, of vind daar is min hulpbronne om spesifiek mishandelde mans te help.
                   •  Jy  is  in  ontkenning.  Net  soos  met  vroulike  huishoudelike  geweld  slagoffers,  sal
                       ontkenning dat daar 'n probleem in jou verhouding is, net die mishandeling verleng.
                       Jy kan nog steeds lief vir jou maat wees wanneer hulle nie beledigend is nie en jy kan
                       glo dat hulle sal verander of dat jy hulle kan help. Maar verandering kan slegs gebeur
                       sodra jou misbruiker/molesteerder volle verantwoordelikheid vir haar gedrag neem
                       en professionele behandeling soek.
                   •  Jy wil jou kinders beskerm. Jy is bekommerd dat as jy weggaan, jou eggenoot jou
                       kinders  sal  benadeel  of  verhoed  dat  jy  toegang  tot  hulle  het.  Die  verkryging  van
                       bewaring van kinders is altyd 'n uitdaging vir vaders, maar selfs al is jy vol vertroue dat





               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    128
   123   124   125   126   127   128   129   130   131   132   133