Page 125 - Getroud met 'n Leuen
P. 125
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Die eerste fase van genesing vereis dat die slagoffer haar rol in die verhouding met die toksiet
sal verstaan, en daarop sal fokus om self gewaarwording te soek. Komende uit 'n
gewelddadige dinamika met 'n toksiet het slagoffers waarskynlik geleer om hulleself
aanhoudend te blameer en sodoende hulle woede verkeerd af te lei. Alhoewel die slagoffer
duidelik kan sien dat die toksiet gewond is omdat die slagoffer die traumaband wil breek,
sukkel hulle dikwels om met hulle eie duisternis te breek. Vir die slagoffer om dit te kan
vermag, mag sy selfs van haar psigiese pyn ontslae wil raak, die vermindering van haar donker
gevoelens oorweeg en die impak van vroeë traumatiese ervarings in haar lewe wil vergeef.
Van 'n plek van self-omgee kan die vra van die volgende vrae help om 'n slagoffer weg te laat
beweeg van haar slagofferskap na 'n posisie van selfverkenning en genesing:
• Watter emosionele leemte het ek probeer vul met my verhouding?
• Hoe het ek probeer om liefde en goedkeuring te kry van my emosioneel afwesige
vennoot(narsis)?
• Watter gevoelens binne myself stoot ek weg?
• Waar woon die emosies in my liggaam?
• Waar kom my gevoelens van verwerping/vrees vir verlatenheid/onwaardigheid
vandaan?
• Hoe is my emosionele behoeftes nie in die kinderjare nagekom nie?
'n Slagoffer het 'n keuse om die status quo te handhaaf en om te bly in die gewelddadige
dinamika met die narsis, of om verantwoordelikheid te neem vir hulle bydrae tot die
disfunksionele verhouding en om al die aandag wat hulle in die verhouding gestort het en op
die toksiet spandeer het, te fokus op hulle eie herstel en genesing te vind vir hulle innerlike
wonde.
Saam met die verkenning van hulle emosies, kan die slagoffer hulle gevoel van self of hulle
individualiteit ontwikkel. Miskien het die mishandelende verhouding met 'n toksiet hulle so
besig gehou dat daar geen ruimte gelaat is vir die slagoffer om hulle eie begeertes, hulle krag
en hulle vermoëns te ontdek nie. Slagoffers het die potensiaal om te floreer en regtig te
transformeer vanuit hulle disfunksionele verhouding met 'n narsis. Soos pragtig verklaar deur
Kim Saeed: "Wanneer die slagoffer en toksiet saam 'n verhouding aangaan, skep dit 'n
magnetiese, maar disfunksionele unie omdat die slagoffer tot op die punt van volledige en
uiterste uitputting gaan. Diep gedisoriënteerd word die slagoffer dikwels deur die verhouding
vernietig. Hierdie ervaring is pynlik en oorweldigend, maar uiteindelik ondergaan die slagoffer
'n ontwaking van die siel. Die toksiet bly dieselfde."
Alhoewel die opbreek met 'n toksiet geweldige pyn bring en diep verlange opwek; sal die
slagoffer eendag terugkyk en dit bevraagteken oor hoe hy ooit geduld het om in 'n verhouding
met 'n toksiet te wees. Soos empate hulleself in gees terugwin en hulle gevoel van self en eie
waarde versterk, sal 'n gevoel van gesonde grense ontwikkel. Hierdie opkomende gevoel van
self sal beskermend wees van hulle ou self, wat sterk grense bou wat toekomstige parasitiese
verhoudings met narsiste sal voorkom.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 125