Page 121 - Getroud met 'n Leuen
P. 121

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Verbreking Van Die Misbruik Siklus.

               Die Toksiese misbruik siklus sal vir ewig aangaan totdat ons weier om saam te werk of dan die
               verhouding verlaat. Maar daar is 'n paar belangrike vrae om jouself te vra wanneer jy uit die
               misbruik  siklus  wil  breek.  Vrae  soos  wat  het  ek  nodig  om  dit  te  doen,  het  ek  genoeg
               onvoorwaardelike  liefde  as  kind  ontvang?  Vir  baie  oorlewendes  is  die  gebrek  aan
               onvoorwaardelike liefde van 'n ouer in ons kinderjare die rede waarom ons na 'n toksiet
               getrek word. Dit is wat ons weet. Dit is ons "normaal", hoewel dit nie ons "gesond" is nie. Nog
               ‘n vraag sal wees of ek my behoeftes aan my huweliksmaat uitgespel het? Daar is geen regte
               of verkeerde behoeftes nie. Jou behoeftes is nie swart of wit of goed of sleg nie. Druk jou
               behoeftes  uit  teenoor  jou  maat  en  meet  die  reaksie. 'n  Gesonde,  liefdevolle  vennoot  sal
               voldoen aan jou vereistes of hulle ten minste erken en probeer om te help. As jou maat spot
               of lag oor jou begeertes of dit ignoreer, dan is dit tyd om te herevalueer wie jy toegelaat het
               in jou lewe. En laastens moet jy weet of jy jouself is in die verhouding? Jy moet jouself daaraan
               herinner dat jy nie verantwoordelik is vir enigiemand anders se emosies nie. Hou op om te
               probeer om dinge voortdurend te laat werk deur die toksiet gelukkig te hou of sy woede te
               kalmeer. Dit is nie jou verantwoordelikheid nie. Die enigste persoon wat jy kan beheer, is net
               jouself! As jy voel dat jy gedurig op eiers moet loop of dat jy nie ware liefde in die verhouding
               ervaar nie, bemagtig jouself met kennis en besluit oor jou lewe vanuit ‘n basis van kennis.

               Stappe Wat Jy Kan Neem

               Dit is noodsaaklik om buite  bronne van ondersteuning te bou en te praat oor wat in jou
               verhouding aangaan. 'n Professionele persoon is die beste persoon, want jy kan jou selfbeeld
               so opbou en leer hoe om jouself te help sonder om veroordeel te word of ‘n haastige besluit
               te neem om ‘n spesifieke plan van aksie te volg. As jy nie private individuele terapie kan
               bekostig nie, leer alles wat jy kan uit boeke en aanlyn hulpbronne, sluit aan by aanlyn forums,
               en vind 'n ondersteuningsgroep by 'n plaaslike skuiling waar jy veilig kan bly. Doen dit selfs al
               beteken dit om dit in die geheim te doen. Jy is geregtig op jou privaatheid.

               Om te verhoed dat jy betrokke raak by 'n misbruiker/molesteerder wanneer jy met iemand
               uitgaan, pasop vir iemand wat:

                   •  Daarop aandring om sy of haar wil ten alle koste te laat geld en veral as die persoon
                       nie ‘n kompromie wil aangaan nie.
                   •  Uitbarstings van woede het.
                   •  Onbeskof is met ander.
                   •  Jou of jou gesin kritiseer.
                   •  Jaloers of besitlik is.
                   •  Paranoïes is.
                   •  Jou dreig.
               Gee aandag aan hierdie tekens ten spyte van die feit dat die persoon jou romanties wil betrek
               of vir jou vertel hy is verlief op jou of selfs lief vir jou, en veral as dit sommer vertel word kort
               nadat hy jou ontmoet het. Moenie wag vir die volgende aanval nie. As jy deur mishandeling
               bedreig word, skakel jou misbruik hulplyn.





               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    121
   116   117   118   119   120   121   122   123   124   125   126