Page 4 - Merensky Vat 50 Reunie Album
P. 4

“VAT 50” KLAS VAN 1968



                                   MERENSKY – MY SKOOL



        Diep, in die sagte sooie van jou vrugbare grond, lê my spore

        vasgeanker, uitgerank soos die wortels van die Wildevy.
        Tyd word jaarringe waarvan die sirkels wyer kring en mekaar ritmies

        opvolg in gebeure wat die seisoene van 50 jaar soos meetsnoere in

        plek laat val- en op dié reis van my siel, wat voet vir voet oor die
        klippers die eb en vloed van die lewe aangepak het, was jy‘n kompas

        wat my koers gerig het.


        Maar dis ‘n tweelingspoor op ‘n sirkelpad wat my terugbring tot hier,

        waar die eggo van nostalgiese stemme en beelde gestalte gee aan‘n

        sorgelose jeug.


        En die weerklank bring die herkenning van waardes in gebed in my

        diepste grein, waarmee ek terugkyk met dankbaarheid.
        Die visie waarmee ek vorentoe kyk met hoop en die geloof waarmee

        ek in vertroue opkyk in gebed vir jou - Merensky, vir die sukses en

        voortbestaan van ons Alma Mater met die passie om steeds in mense
        te belê.


        O Heer, ons hou vas aan die wete dat U liefde vir ons, wyd en vêr en

        hoog en diep is en dat U magtig is om oneindig meer te doen as wat

        ons bid of dink.
        Ons vertrou op U belofte wanneer U ons verseker:

        “Ek weet wat ek vir julle beplan.” Voorspoed!












                                           Petrus en Jakkie Fourie – 24 Jul 2018
   1   2   3   4   5   6   7   8   9