Page 9 - Merensky Vat 50 Reunie Album
P. 9

“VAT 50” KLAS VAN 1968



                       Vrydagaand Skaapbraai Funksie



        Vrydag 16 Maart 2018.

        Party vriende het al Donderdag by Die Eiland begin aankom.
        Die meeste het egter Vrydag deur die dag gekom om die aandfunksie by te woon.
        Vroegmiddag het die braaiers al die skaap op die spit gehad en het van ons al om die

        braaier begin kuier.














                                           Koos de Wet en Spitbraaispan
                                                                                  Koos & Gert begin al
           Koos en Span kan nie wag           besig met die Spitbraai.           vroeg met lemoensap!
              om te begin braai nie.

        Dit was duidelik dat die braaier sy werk ken en ons het heerlik saam gebraai.
        Teen vyf-uur het almal wat al daar was na die sementblad daar naby verskuif en hulle
        stoele in ‘n groot sirkel neergesit.
        Die DJ, Andrew, het sy musiek opgestel en baie mooi agtergrond musiek gespeel.


















                                                                                     Henriette, Elmarie, Alminé,
                                                                                    Charles gesels oor die ou dae.
                   Andrew & Sharon wat                  Wonder wat drink Gert?
                 vir ons musiek verskaf het.            Seker maar lemoensap.
   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14