Page 221 - Getroud met 'n Leuen
P. 221
Epiloog
Die hartseer van ‘n verhouding met 'n toksiet is en bly die amper blywende geestelike skade. Dit is
natuurlik gekoppel aan die tydsduur wat iemand na aan 'n toksiet deurgebring het, en ook of daar
kinders by betrokke is. Die boek het hopelik in die doel geslaag om ten minste die leser daarop
verdag te maak dat daar toksiese verhoudings in die lewe is. As die leser vasgevang is in so
verhouding, dan is die heel eerste stap om advies en hulp te soek. As mens eers net 'n naam rondom
so probleem kan sit, het jy al veel bereik. Daarna moet die leser sy gekose pad volg, maar dit is
raadsaam om die verhouding so gou moontlik te beëindig.