Page 219 - Getroud met 'n Leuen
P. 219

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Hy tel die sterre                                Vir geen ander nasie
               en noem hulle almal by die naam.                 het Hy dit gedoen nie;
               Groot en magtig is ons Here.                     sy bepalings ken hulle nie.
               Sy kennis ken geen grense nie.                   Prys die Here!
               Die Here ondersteun mense in versoeking,
               maar godloses gooi Hy uiteindelik neer           PITKOS 148
               op die grond.                                    Laat die hele wêreld U prys
               Sing ’n danklied aan die Here;                   Prys die Here!
               sing lofliedere vir ons God                      Prys die Here van die hemel!
               met begeleiding van die kitaar.                  Prys Hom in die hoë hemele!
               Hy oordek die hemel met wolke,                   Prys Hom, al sy engele,
               Hy verskaf reën vir die aarde                    prys Hom, al die hemelse wesens!
               en laat gras groei op die berghellings.          Prys Hom, son en maan,
               Hy voed die wilde diere,                         prys Hom, alle skitterende sterre!
               en die jong kraaie wat skree vir kos.            Prys Hom, hoogste hemel,
               Die krag van ’n oorlogsperd                      en waters bokant die uitspansel!
               beïndruk Hom nie;                                Laat hulle die Naam van die Here prys,
               met die wysheid van geleerdes                    want Hy het gespreek,
               neem Hy nie genoeë nie.                          en dit alles het ontstaan.
               Die Here verheug Hom                             Hy het hulle gevestig vir altyd.
               in hulle wat Hom dien,                           Hy het grense bepaal,
               in dié wat hulle hoop vestig                     en sal dit nooit herroep nie.
               op sy troue liefde.                              Prys die Here vanuit die aarde:
               Prys die Here, Christenvolk!                     bo en in die diep waters,
               Prys jou God, aarde!                             weerlig en hael, sneeu en miswolke,
               Want die voortbestaan                            stormwind wat Hom gehoorsaam,
               van sy volk het Hy met ‘n                        berge en alle heuwels,
               nuwe verbond versterk,                           vrugtebome en alle wilgers,
               en sy kinders geseën.                            wilde diere en al die lewende hawe,
               Hy gee vrede                                     kruipende diere en voëls,
               vir sy kinders reg oor die wêreld,               regeerders van die aarde en alle volke,
               versadig hulle                                   heersers en regters van die aarde,
               met die brood van die lewe.                      jong manne en meisies,
               Hy stuur sy bevele na die aarde,                 grysaards saam met kinders.
               sy woorde word vinnig versprei.                  Laat hulle die Naam van die Here loof.
               Hy stuur die sneeu, wit soos wol;                Want net sy Naam is verhewe.
               Hy strooi ryp uit soos as,                       Sy majesteit is bo die aarde en hemel.
               laat haelstene val                               Hy het sy volk sterk gemaak.
               soos broodkrummels.                              Dít is die lof van al sy troue kinders,
               Wie kan standhou teen sy koue?                   die Christenvolk,
               Dan, op sy bevel, smelt alles weer.              wat na aan Hom is.
               Hy laat sy winde waai, en die water loop.        Prys die Here!
               Hy maak sy woord bekend aan sy kerk,
               aan sy volk sy voorskrifte en gebooie.           PITKOS 149



               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    219
   214   215   216   217   218   219   220   221   222   223   224