Page 220 - Getroud met 'n Leuen
P. 220
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Kom juig by die Here Laat alles wat lewe,
Loof die Here! die Here loof!
Sing vir die Here ’n nuwe lied.
Sing sy lof in die gemeente
van sy getroue kinders.
Laat die Christenvolk hom
verheug in sy Skepper,
laat die bewoners van die aarde
jubel oor hulle Skepper, Koning.
Laat hulle sy Naam met koordanse loof,
begelei deur viole en harp
vir Hom lofliedere sing.
Want die Here verbly Hom in sy volk;
met sy redding verhef Hy die nederiges.
Sy troue kinders juig oor hierdie eer;
hulle jubel in hulle kerke en huise.
Mag hulle God loof met hulle lippe,
met ’n tweesnydende swaard
in hulle hande om die Here se vermanings
bekend te maak in die heidennasies
en sy genade oor hulle,
om hulle afgode vas te maak
met boeie en hulle vals leringe
met ysterkettings,
om bekend te maak die oordeel
wat reeds vasgestel is.
Dit is die roem van sy troue dienaars.
Prys die Here!
PITKOS 150
Loof Hom met
musiek
Loof die Here!
Loof God in sy koninkryk!
Loof Hom onder sy magtige sterrestelsel!
Loof Hom vir sy magtige teenwoordigheid.
Loof Hom vir sy eindelose genade.
Loof Hom met die ramshoring.
Loof Hom met kitaar en klavier!
Loof Hom met dromme en koordanse.
Loof Hom met snaarinstrumente
en fluite!
Loof Hom met die klank van viole.
Loof Hom met galmende tromme.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 220