Page 212 - Getroud met 'n Leuen
P. 212

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               U sal hulle vernietig soos in ’n oond            Elke nie-Christen rondom my, spot my.
               die oomblik wanneer                              Hulle verkleineer my as Christen,
               U verskyn vir die oordeel.                       maak my Christenskap tot niks, en sê:
               Die Here sal hulle oordeel en in sy              “As daar ‘n Here is,
               oordeel sal Hy hulle stuur na                    vertrou dan op Hom;
               die ewige vuur.                                  kyk of Hy jou sal red!
               U sal ongelowiges van die aarde af uitwis,       Laat die Here jou vergewe
               in die oordeel die hele                          as Hy jou dan so liefhet”.
               sondaarsvolk uit die nuwe                        Maar U het my die vergifnis
               mensheid verwyder.                               gegee, my as swakgelowige
               Al sou hulle teen U in opstand kom,              op U laat vertrou.
               hulle bose planne sal nie slaag nie.             Vanaf die begin van my verloste
               Want U het reeds die                             lewe is U my God.
               oorwinning gevier en die                         Here, moenie my alleen laat nie;
               helse vuur vir hulle berei.                      want die versoekings kom
               Verhef U in u mag, Here.                         en daar is geen aardse hulp nie.
               Ons wil U prys en oor u grootheid sing.          Soos ’n trop wilde beeste
                                                                 omsingel die sondes my;
               PITKOS 22                                        soos buffels van Afrika storm
               My Christenskap word as niks geag!               hulle op my af!
               My God, my God!                                  Soos brullende leeus
               Waarom voel dit asof U my verlaat het?           wat met oopgesperde bekke
               Waarom voel dit asof U stil                      uitmekaar wil skeur,
               is, wanneer ek bid om hulp,                      so storm aardse versoekings op my af.
               so ver wanneer ek tot U nader?                   Sonder U is my lewe
               Elke dag bid ek tot U, my God,                   uitgestort soos water,
               maar die antwoord wil nie kom nie;               en val my siel uitmekaar.
               ook bid ek elke nag,                             Sonder U is my hart soos
               maar ek vind nie die sielsrus                    was wat in my wegsmelt.
               waarna ek soek nie.                              Sonder U droog my geloof
               Tog is U die Heilige                             op soos ‘n verbrande houtskerf;
               wat woon in die hemel                            sonder U het ek nie woorde
               waar u engele U prys.                            om u heerlikheid te verkondig nie.
               Van ons voorgeslagte af                          Dit is soos om dood te wees
               het u kinders op U vertrou                       en in die stof te lê.
               en U het hulle bygestaan.                        Soos ’n trop honde
               Tot U het hulle gebid,                           sirkel mense wat U nie liefhet nie, om my;
               en U het hulle sondes vergewe.                   soos ’n kwaadwillige bende
               Hulle het op U vertrou,                          sak hulle op my toe.
               en hulle was nooit  teleurgesteld nie.           My hande en voete is vasgemaak.
               Maar ek is ’n sondige                            Maar U het aan die kruis
               mens, en nie ’n heilige nie;                     gehang vir my. U hande en voete
               as Christen word ek bespot,                      was vasgespyker aan die kruis.
               deur die mensdom en die wêreld verag.            Al u bene kon getel word,



               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    212
   207   208   209   210   211   212   213   214   215   216   217